Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Yolo on the Battlegrounds – Born ready

Die afwagting hou net aan met bou vir PlayerUnknown’s Battlegrounds op Xbox One. Een van my nuwe gunsteling tydverdrywe is om na streamers, se streams te kyk. Veral die ouens wat baie PUBG speel soos StoneMountain64 en DrDisrespect. Die twee streamers verskil heelwat van mekaar. StoneMountain was die eerste streamer wat ek begin volg het nadat ek een van sy “Yolo on the Battlefield” videos gesien het en myself amper doodgelag het.

Xbox het ook nou begin tweet oor PUBG en ek tel al die slapies vir die 12 Desember vrystelling.

StoneMountain64 het net ses dae terug ‘n nuwe “Yolo on the Battlegrounds” op sy YouTube channel uitgesit en as jy nie PUBG ken nie, dan is dit ‘n goeie manier om aan die game voorgestel te word. Nie net sal jy min of meer verstaan hoe PlayerUnknown’s Battlegrounds se Battle Royale styl werk nie, jy sal ook bietjie kan lag terwyl jy die video kyk. Op Stone se Yolo videos maak hy asof hy in ‘n regte oorlog (of meer oorlewings geveg) situasie is terwyl hy saam met ‘n spul randoms (mense wat hy glad nie ken nie) in sy span speel.

Terwyl ek wag vir PUBG op Xbox om uiteindelik te land speel ek maar Fortnite Battle Royale en kyk streamers se PUBG streams. Hier is vir jou ‘n “Yolo on the Battlegrounds” video om jou PUBG fix te kry terwyl ons wag vir 12 Desember.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *