Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

WhatsApp video calls update begin uitrol

Ek onthou hoe ek altyd The Jetsons gekyk het toe ek ‘n kind was. In The Jetsons het hulle fone gehad waarmee hulle mekaar kon sien as hulle mekaar gebel het. Vir ons is dit lankal nie meer ‘n fantasie uit die future nie, en nou gaan jy video calls kan begin maak met WhatsApp ook.

whatsapp-video-calling

Video calls is niks nuut nie, maar vir een of ander rede is daar platform limitations gewees as dit kom by video calls. Vat byvoorbeeld die Apple snobs met hul iPhones. Ek kan nie my vriende met iPhones “Face Time” nie, maar ek kan hulle wel Skype Video Call of Facebook Messenger Video Call. Enigste probleme daar is ek wil nie Skype op my foon hê nie, ek is is nie hartseer een alleen genoeg om die Facebook Messenger App op my foon te sit nie.

Maar almal (of meeste wat smartphones het) in Suid-Afrika het WhatsApp, en nou gaan jy direk met WhatsApp video calls kan maak.

whatsapp-video-calls

WhatsApp toets al video calls vanaf Mei deur so paar gebruikers, maar vandag begin hulle video calls uitrol na almal wat WhatsApp het. Ek verkies al vir ‘n hele ruk om WhatsApp calls te maak eerder as gewone oproepe. Vir een is WhatsApp calls baie goedkoper as jy ‘n goeie data-plan het, en rede twee is dat WhatsApp voice calls baie meer stabiel is as enige van Suid-Afrika se kak selfoonnetwerke wat daagliks honderde duisende calls drop.

Ja, ons betaal te veel vir ons smartphones deur kontrakte met die skelms soos Vodacom en MTN, en hulle probeer ons snaai met data ook. Gelukkig is tegnologie besig om die ouderdagse skelms verby te vat. Die dae van net sekere mense kan bel via sekere Apps is ook nou baie naby aan verby.

Laat weet ons wat jy dink van WhatsApp video calls. Jy kan selfs nou vir gevaaalik.com in die hande kry via WhatsApp by 0788452709. ‘n Great manier om jou foto’s te stuur na gevaaalik.com vir Vrydag Bederf, Stoute Boudjies en Random Gevaaalikhede is met WhatsApp.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *