Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

UFC 196: McGregor vs Diaz

5 Maart 2016 is weer ‘n groot UFC om te kyk. UFC 196. Conor McGregor sou teen Rafael Dos Anjos geveg het vir die Lightweight Championship, maar toe breek Dos Anjos sy voet 2 weke voor die fight. Baie soos toe McGregor vir Aldo die eerste keer sou aanvat vir die Featherweight Championship. Dos Anjos is toe vervang met Nate Diaz.

UFC 196 McGrogor vs Diaz

Wat die fight baie interesant maak is dat Conor McGregor nou op skyf Featherweight na Welteweight. Dit is ‘n amper 12kg jump en jy kan dit duidelik sien aan McGregor se lyf. Nou is die vraag hoe gaan die ekstra gewig Conor se beweging, spoed en stamina affekteer.

Die stamina is ‘n groot faktor, veral aangesien McGregor teen Nate Diaz veg. Die Diaz broers is wêreld bekend vir hulle cardio en uitstekende stamina. Hulle raak net nie moeg nie en kan aanhou houe gooi teen dieselfde tempo deur die hele geveg. Sal McGregor kan by hou by Diaz se tempo van fight? Uiteindelik gaan ons die UFC se twee grootste smack talkers sien baklei en ek kan nie wag nie.

UFC 196 Main Card

Holly Holm verdedig ook haar Bantamweight title vir die eerste keer, teen Misha Tate. Misha Tate is ‘n baie capable grappler, maar Holly Holm is in ‘n striking class van haar eie. Misha Tate het al so paar keer teen Ronda Rousey verloor (Ronda het selfs Tate se arm al gebreek in die octagon) en nou het Tate nog ‘n taai geveg wat voorlê teen Holm.

Persoonlik dink ek Holm is in ‘n klas van haar eie as dit kom by striking in die woman’s division van die UFC. Ek kan vir een of ander rede nie sien hoe Tate bo gaan uitkom in die fight nie.

UFC 196 gaan ‘n cracker wees en ek gaan Sondagoggend 05:00 wakker wees om dit live te kyk. Ek kan nie wag nie!

You may also like...

3 Responses

  1. thysmetys says:

    In my opinie gaan arme Diaz n lekker pak kry…al sy fights gekyk..hy het n leker reach maar te lomp…weak spot is leg kicks.
    Holly se fight gaan epic wees

    cheers enjoy die fight en naweek.

  2. thysmetys says:

    fuck….

  3. Ruan Stix Fourie says:

    @thysmetys: Ja, Diaz se pace is not to be fucked with. Hy het vir Conor gerock en toe het hy die pace en stamina gehad om dit deur te trek. Net soos ek gedink het, het die ekstra 12kg ‘n effect gehad op McGregor se stamina, hy kon teen die einde nie eers meer sy hande op hou nie en hulle was net in die derde rondte.

    Conor McGregor is ‘n great fighter, maar sy grappling kort baie werk. Hy moet versigtig wees vir die ouens wat hom grond toe kan vat.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *