gevaaalik.com Die gevaaalikste website op die interweb dansbaan

18Sep/130

Mieliepop: Suid-Afrika se vriendelikste rock, reggae en blues festival

Posted by Ruan Stix Fourie

Van 1 tot 4 November 2013 is dit weer tyd vir Mieliepop. Mieliepop is die perfekte size music festival; groot genoeg om te geniet maar klein genoeg maar nie so besig dat dit irriterend sal raak nie. Net 2.5 ure se ry van Johannesburg\Pretoria na die ongeooflike mooi Tolderia Resort, Mpumalanga. As jy 'n naweek weg soek om lekker te chill met goeie musiek dan is Mieliepop die festival vir jou.

Mieliepop Festival

Men Without Hats headline Mieliepop

Die jaar gaan jy vir Albert Frost, Valient Swart, Shawn Phillips, Crystal Park, Naming James, Kinky Robot, G Force, Riders From The Storm, Radio Kalahari Orkes, Nakhane Toure, Jonny Guy en vele meer. Dan is daar ook Men Without Hats, die new wave groep uit Montreal, Canada, wat bekend is vir die hit song "The Safety Dance". As jy nie 'n kind van die 80's is nie klink die most likely glad nie vir jou bekend nie, en dit gee jou nog net meer rede om Mieliepop by te woon.

Die idee agter Mieliepop is om 'n musiek festival te create waar die landskap en views ongelooflik is, die musiekante talent het en die kaartjies limited is. "We really create a relaxed festival environment where there are no queues, clean ablutions for all and an environment where music lovers can really just kick-back, relax and enjoy some of the best music in South Africa" verduidelik die organiseerders.

Mieliepop het die perfekte plek gekies om lekker musiek te kombineer met die ongelooflike natuurskoon en asemrowende landskappe te showcase wat Suid-Afrika het. Ek belowe jou jy was nog nie by 'n musiek festival soos die nie.

Kaartjies begin vanaf R550 vir 'n naweek kaartjie of R350 vir 'n enkel dag kaartjie. As jy 'n kaartjie soek stel ek voor jy spring want hulle verkoop vinnig en is limited. Jy kan gaan na die Mieliepop website of gaan loer na die Mieliepop Facebook page vir meer informasie.

Hier is Albert Frost se video vir "Angels and Gods", die perfekte klein voorsmakie van die tiepe awesome musiek wat jy by Mieliepop sal sien. Ek love die song.

10May/138

Sowing the Seeds: Wen Kaartjies

Posted by Ruan Stix Fourie

Dit is nou al lekker koud hier in Suid-Afrika, maar dit is nooit te koud vir 'n awesome musiek fees nie. Op 24 en 25 Mei 2013 gaan Sowing the Seeds  die five-star Welgelegen Manor Estate oorneem vir goeie musiek en lekker tye. En ons het een paar kaartjies om weg te gee.

Sowing the Seeds 2013

Daar is twee stages en die proformances lyk as volg:

Main Stage

Jeremy Loops, Fruits & Veggies, Dune Rats (Australia), Beach Party, Bateleur, The Stella's, ISO, Shortstraw, Beatenberg, Albert Frost, Taxi Violence, Hot Water, Matthew Mole en Nakhane Toure.

Electro Stage

Gateway Drugs, Lil Bow, Christian Tiger School, Musical Chairs, Weasel, James Copeland, Doctor Khumalo, Michael Lesar, Liver, Panic Sisters vs Your Own Asian, Sassquatch, Dubmasta China en Andrew the DJ.

Met so 'n great line-up op die intimate venue gaan dit 'n awesome belewenis wees. Onthou dit is 'n eco friendly festival, so bring asb sakke om al jou gemors bymekaar te kan hou en hou die venue skoon. Dinge soos water, swart sakke, toilet papier, pyn pille en iets wat jy as 'n asblik kan gebruik is nodig. Kaartjies is R250 as jy dit koop by Webtickets.co.za of R300 as jy by die hek koop.

Ok, jy wil weet hoe wen jy kaartjies. Maklik, los 'n comments hier onder en vertel my watter act jy die graagste wil sien by Sowing the Seeds. Maklik. Jy moet bo 18 wees om in te skryf en die kompetisie sluit Donderdag 17 Mei 2013. Ons besluit is finaal en ons sal nie luister na enige gegrens nie. Gebruik asb jou regte e-mail adres wat jy gereëld check, want dit is hoe ons die wenner gaan kontak.

So waarvoor wag jy? Skryf nou in en wen vir jou en 'n buddy kaartjies vir Sowing the Seeds. Ek en Soutie sal julle sien daar! Hier onder is 'Pogo' van Dune Rats, hulle kom al die pad van Australia om by Sowing the Seeds te speel. Lekker feel good vibes vir Vrydag.

Vir meer info oor Sowing the Seed kan jy hulle website of Facebook Page uitkyk, of jy kan hulle op Twitter volg by @SowingTheSeedSA.

23Jan/133

Basson Laubscher & The Violent Free Peace – Shakedown

Posted by Ruan Stix Fourie

Basson Loubscher is van Stellenbosch af. Terwyl hy groot geword het is hy blootgestel aan 'n groot verskeidenheid musiek. Die musiek was alles van ABBA, The Beatles, Jimi Hendrix, Led Zeppelin, Johnny Cash en selfs Beethoven. Basson het die bass al begin speel op tien en het die guitar gegryp toe hy 15 was.

Basson Laubscher, The Violent Free Peace

Basson het al die verhoog gedeel met Gerald Clarke, Albert Frost, Dan Patlansky en ander. Hy was al ook 'n session musician op baie albums en hy het vir 'n ruk in die Valiant Swart Band gespeel.

The Violent Free Peace is 'n los versameling van musicians wat saam met Basson begin bluesy goed speel het aan die einde van 2004. The Violent Free Peace se live optredes is altyd opwindend want daar is amper altyd 'n guest apperance deur van hulle musician vriende wat saam op die verhoog spring om te jam.

Ek het nog nooit van die ouens gehoor nie, tot gister toe @DapperTrapper dit vir my gestuur het. Ek like dit. Wat dink julle?

10Jul/120

Queens of the Frost Age met Adian Martin en Howling Shibanski

Posted by Ruan Stix Fourie

Wat maak jy Saterdag die 14de Julie? Ek sal jou fokken sê wat jy doen, jy gaan Cafe Barcelona in Pretoria toe vir awesome live musiek saam met Albert Frost, Southern Gypsy Queen, Adian Martin en  Howling Shibanski. Die beste van alles is dat Albert Frost en Southern Gypsy Queen vir ons bietjie 'n colabaration gaan gee. Gareth Wilson van Southern Gypsy Queen (wat nou die dag op ons podcast was) het die colab "Queens of the Frost Age" gedoop. Glo my as ek vir jou sê jy gaan dit nie wil mis nie.

Die aand gaan begin met Adian Martin en Howling Shibanski 20:00 die aand. Na dit vat Souther Gypsy Queen en Albert Frost die stage. Ek was lanklaas so opgewonde oor 'n live show.

Entrance by die deur gaan jou R80 kos en ek stel voor jy book nou vir jou 'n tafel by Chrisna op 0824589342 of 0123453602. Dit gaan befok wees so kry jou gat in rat. En as jy spring kan jy twee kaartjies wen na die show toe ook. Al wat jy moet doen is om my so gou as moontlik te tweet by @gevaaalikdotcom en die hashtag #QueensOfTheFrostAge gebruik in jou tweet. Vinnige vingers eerste, first come first serve. Sodra ek 'n wenner het sal ek dit hier bekend maak sodat julle nie aanhou om my te tweet nie. Update: Kompetisie is gesluit. Geluk Heinrich! Onthou jy kan steeds die albums wen, lees net verder.

Ons het ook 1 Delusions of Grandeur album van Southern Gypsy Queen, 1 Be the Lion album deur Southern Gypsy Queen, 1 Catfish album deur Albert Frost en 1 Devils and Gods album deur Albert Frost om weg te gee. Hier is hoe jy hulle wen. Die aand van die show sal ek die ou wees met die gevaaalik.com hemp en as jy na my toe kom en my vra vir 'n album sal ek vir jou een gee. Weereens, first come first serve.

Sien julle daar.

13Jun/120

Dullstroom Winter Festival

Posted by Ruan Stix Fourie

Net soos verlede jaar gaan Dullstroom vanjaar die winterkoue bietjie wegjaag met die annual Dullstroom Winter Festival en awesome blues musiek. Guitar gode Albert Frost en Dan Patlansky headline die jaar se Festival, wat plaasvind oor die naweek van 6 tot 8 Julie.

Die festival het verlede jaar begin en dié jaar gaan Dullstroom weer die middelwinter-naweek vier met fly-fishing, trail running, whiskey-proe, tuisgemaakte bier, 'n kosmark en nog ander goed. Dit alles saam met so paar awesome musiekoptredes.

Dullstroom se Cherry Grove piazza is waar die musiek gemaak gaan word die Vrydag- en Saterdagaande. Albert Frost en Dan Patlansky gaan daar wees om die blues te speel soos net hulle kan. Hoe kan 'n naweek wat ge-headline word hierdie twee blues legendes nie awesome wees nie? Albert en Dan word dan support deur Southern Gypsy Queen en Black Cat Bones. Kate Borthwick maak ook 'n draai. Goeie musiek gaan daar beslis wees.

Daar is ook 'n fly-fishing kompetisie vir Anti-Rhino Poaching Charity. So as jy jouself 'n fly-fisherman ag, kontak gerus vir Del-Monte Roberts by dr@zestpropertygroup.co.za vir meer info.

Kaartjies vir altwee aande se musiek en goeie tye is teen R100 beskikbaar by TicketBreak.

Vir nog info oor die festival of beskikbare akkomodasie, gaan loer na www.dullstroomwinterfestival.co.za. Ek dink ek gaan probeer om 'n draai te maak vanjaar. En as jy nie Albert Frost ken nie, loer na die video hier onder.


by Stix

Page 1 of 11
Follow

Get every new post delivered to your Inbox

Join other followers