Mieliepop: Suid-Afrika se vriendelikste rock, reggae en blues festival

Van 1 tot 4 November 2013 is dit weer tyd vir Mieliepop. Mieliepop is die perfekte size music festival; groot genoeg om te geniet maar klein genoeg maar nie so besig dat dit irriterend sal raak nie. Net 2.5 ure se ry van Johannesburg\Pretoria na die ongeooflike mooi Tolderia Resort, Mpumalanga. As jy ‘n naweek weg soek om lekker te chill met goeie musiek dan is Mieliepop die festival vir jou.

Mieliepop Festival

Men Without Hats headline Mieliepop

Die jaar gaan jy vir Albert Frost, Valient Swart, Shawn Phillips, Crystal Park, Naming James, Kinky Robot, G Force, Riders From The Storm, Radio Kalahari Orkes, Nakhane Toure, Jonny Guy en vele meer. Dan is daar ook Men Without Hats, die new wave groep uit Montreal, Canada, wat bekend is vir die hit song “The Safety Dance”. As jy nie ‘n kind van die 80’s is nie klink die most likely glad nie vir jou bekend nie, en dit gee jou nog net meer rede om Mieliepop by te woon.

Die idee agter Mieliepop is om ‘n musiek festival te create waar die landskap en views ongelooflik is, die musiekante talent het en die kaartjies limited is. “We really create a relaxed festival environment where there are no queues, clean ablutions for all and an environment where music lovers can really just kick-back, relax and enjoy some of the best music in South Africa” verduidelik die organiseerders.

Mieliepop het die perfekte plek gekies om lekker musiek te kombineer met die ongelooflike natuurskoon en asemrowende landskappe te showcase wat Suid-Afrika het. Ek belowe jou jy was nog nie by ‘n musiek festival soos die nie.

Kaartjies begin vanaf R550 vir ‘n naweek kaartjie of R350 vir ‘n enkel dag kaartjie. As jy ‘n kaartjie soek stel ek voor jy spring want hulle verkoop vinnig en is limited. Jy kan gaan na die Mieliepop website of gaan loer na die Mieliepop Facebook page vir meer informasie.

Hier is Albert Frost se video vir “Angels and Gods”, die perfekte klein voorsmakie van die tiepe awesome musiek wat jy by Mieliepop sal sien. Ek love die song.

1 Response

  1. September 25, 2013

    […] Mieliepop is een van Suid-Afrika se coolste music festivals. So 2.5-3 ure se ry uit Pretoria of Johannesburg uit en jy is by die Mieliepop venue, een van die mooiste venues vir 'n music festival wat ek al gesien het. Gelukkig vir jou het ek so twee kaartjies om weg te gee, vir jou en 'n buddy. Ons sal nou kom by hou jy die kaartjies kan wen. Ek gaan die jaar my eerste Mieliepop bywoon van 1 to 3 November. […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

string(7) "primary"