Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Table Mountain vs. Jeb Corliss

As jy nie vir Jeb Corliss ken of weet wat hy doen vir ‘n lewe nie, is jy op die regte plek. Jeb Corliss is een van die wêreld se beste winged suit jumpers. Hy trek ‘n suit aan wat hom vlerke gee en dan spring hy van kranse, geboue en enige ander hoë plekke af, en dan vlieg hy. As jy nog nie die video gesien het waar sy marker ou uit die pad uit moet duik oor Jeb so naby aan die grond vlieg nie, moet jy dit nou kyk: Beste Wing suit video ooit.

So maand gelede het Jeb (‘n Merican) van Tafelberg af kom spring. Die keer het hy bietjie te naby aan die grond gekom en toe so paar klippe met sy bene probeer breek. Die klippe het gewen en Jeb se bene het verloor. In die video van die ongeluk kan jy sien hoe hy deur die lug tuimel na hy die klippe getref het. Gelukkig het hy baie ondervinding en kon homself stabilize voor hy sy noodvalskerm ontplooi het. Hy is toe met ‘n helikopter hospitaal toe. Hy het altwee sy bene gebreek maar is van plan om weer te begin spring sodra hy herstel het. High-five Jeb Corliss.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *