Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Stoute Boudjies en ‘n geheime video

Toe ek op skool was het nie almal “rekenaar speletjies” gespeel nie. “TV speletjies” was ook nie baie populêr nie. Ek was al jare uit die skool toe een van my vriende eendag trots vir ons groepie van 5 ouens sê: “Ek is baie bly daai games speel ding het my nie gebyt nie. Dink net hoeveel tyd sou ek gemors het met games speel.”

Toe ek op skool was, was het ek en my vriende baie middae spandeer met Playstation controllers in hand. Dit het ons verseker nie die cool kids gemaak nie. Dit was wel fun. Nou sien ek hoe die “geeks” probeer om joernaliste te boelie oor hulle so bietjie spot met ‘n geek wees. Lyk my die moderne geek gee om wat ander mense van hulle dink, en dit vat half die fun uit ‘n geek wees uit.

Geniet die Stoute Boudjies.

Loading…

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *