Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Advies vir ‘n gevaaalike nuwe jaar

Laat ek sommer begin deur te sê dat ek nie ‘n expert is nie. Ek is net so dom soos meeste ander mense op die planeet, maar in my paar jaar op hierdie klip wat teen duisende kilometers per huur deur die ruimte vlieg, het ek al so paar dinge geleer. Fok new-years resolutions, elke dag is die eerste dag van jou nuwe planne. Jy kort nie ‘n nuwe jaar om te doen wat jy moet doen nie.

GelukkigeNuweJaar02

Ons almal het al die begin gym, ophou rook, beter mens wees ens. resolutions gehoor en ons het sommige van hulle al gehad. Ek het talle jare gereken ek gaan ophou rook vanaf 1 Januarie. Dit het nie een keer gewerk nie. Toe eendag het ek sommer net opgehou, op ‘n dag wat se datum ek nie eers kan onthou nie. Ja, soms vat ek nog ‘n pluk van ‘n smoke, en soms rook ek ‘n hele een. Die punt is, daar is geen beter dag om te begin met wat jy wil doen as vandag nie. Dit maak nie saak wat die datum is nie. Vat dit net een dag op ‘n slag.

Ek het nie new-years resolutions nie. Ek het goals vir die jaar. Goed wat ek in ‘n persoonlike kapasiteit wil bereik. Ek wil my eerste novel klaar maak, ek wil meer gereëld podcasts doen, ek wil begin werk maak van die documentary projek waarby ek betrokke is, ek wil meer oefening kry, om net ‘n paar te noem. Nou is die vraag, wat is jou goals vir die jaar?

Dit is baie makliker om te hou by jou doelwitte as wat jy dink. Een van die beste maniere wat ek het om myself aan die gang te kry en te hou by iets, is om ‘n kalender te vat en elke dag ‘n kruis deur die dag te trek as ek gedoen het wat ek moes. Skryf, teken, oefen, you name it, dit kry ‘n kruis op die kalender. Die rede hoekom jy nie goed gedoen kry nie, is nie oor dit moeilik is nie. Jy kry goed nie gedoen nie, oor jy goed nie doen nie. Die belagrikste twee lesse wat ek al geleer het in my lewe is die twee:

Jy kan doen net wat jy wil, solank jy dit doen

Procrastination is ‘n fokken walglike ding. “Ek sal more begin. Volgende week. Volgende maand. Volgende jaar.” Voor jy weet wat gaan aan gaan jy ‘n volgende lewe kort om gedoen te kry wat jy wil doen. Die resistance wat keer dat jy goed doen kom is baie shapes. Bang wees wat mense gaan dink van wat jy gemaak het, wat dit ookal mag wees. Jy is bang dat mense nie gaan hou van wat jy geskryf het nie, of geteken het, of die song wat jy geskryf het. Kom ek waarborg jou gou iets: Maak nie saak wat jy doen nie, daar gaan mense wees wat nie daarvan hou nie.

Jy lees gevaaalik.com nou (hopelik) omdat jy daarvan hou. Maar daar is talle mense daar buite wat nie van gevaaalik.com hou nie. Meeste van hulle beweeg net aan na die volgende website, maar party los comments of stel my met graagte in kennis dat hulle dink alles wat ek doen is ‘n klomp tos. Gelukkig gee ek nie om nie, ek doen net wat ek doen. Wat sou geword het van Fokofpolisiekar as hulle geluister het na die mense wat gesê het hulle moet ophou doen wat hulle doen? Fuck the haters. Ja, jou musiek is dalk kak, maar darem het jy dit gedoen.

Leer uit jou foute uit

Ek het al baie foute gemaak in my lewe. Van daardie foute het gebeur op gevaaalik.com en ander is meer op ‘n persoonlike vlak gewees. Die belangrike ding is dat jy moet leer uit daardie foute. Net dom mense hou aan om hulle kop op dieselfde plek te stamp, oor en oor. Ons as mense is ‘n weird creature. Gewoonlik as ons weg stap van iets af, dan is dit die regte besluit gewees en dit is hoekom ons weg stap. Tog, fok baie van ons weer terug om dieselfde fout weer te maak.

Moet my nie verkeerd verstaan nie, jy moet foute maak. Maak net seker dat jy daardie foute nie herhaal nie. As jy een van jou goals aangepak het en die eindprduk klaar maak, moet jy leer uit die foute wat jy gemaak het. Anders sal jy nooit beter raak met wat jy doen nie. “Be the hero in your own movie.” sê Joe Rogan altyd. Wat moet jy maak om jou lewe en wat jy doen beter te maak? Jy moet nie dieselfde foute maak oor en oor nie.

Die is ‘n gebabbel van my kant af. Die feit van die saak is dat as jy nie van jou werk hou nie, dan is jy die enigste persoon wat dit kan verander. Niemand anders kan dit doen vir jou nie. Kom ons sê jy hou nie van die tiepe mens wat jou pa/ma/vriend is nie. Jy is die enigste persoon wat kan voorkom dat jy gaan wees soos jou pa. Ongelukkig val verandering ook nie net in mens se skoot nie. Jy gaan nie daardie awesome pilot job kry deur heeldag op die bank te lê en South Park kyk nie. Daardie boek wat jy wil skryf, gaan defnitief nie homself skryf nie.

As jy dink jy hoef nie jouself te verbeter nie, dan is dit die groot fout wat jy maak. Die enigste manier hoe ons as mense beter gaan raak, is as almal hulself verbeter en contribute aan society op ‘n manier wat hulle geniet en wat nie net gedoen word om ‘n salaris te kry nie. En jy is die een wat moet uitfigure hoe jy wil contribute tot society. Dan moet jy elke dag daaraan werk. Net soos ek nie die wou skryf nie, maar ek het. Want dit is wat ek moet doen om beter te raak met wat ek doen.

So, wat gaan jy nou doen?

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *