Deprecated: trim(): Passing null to parameter #1 ($string) of type string is deprecated in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/wordpress-seo/src/presenters/open-graph/image-presenter.php on line 102

Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Sponsored posts – Die goeie en die slegte

Dit is geen geheim dat gevaaalik.com nie regtig geld gemaak het oor die laaste paar jaar nie. Aanhouer wen gelukkig so nou en dan. Mens kan actually geld maak deur te blog en ons begin al hoe meer kanse kry om geld te maak. Brands het skielik begin besef dat  Afrikaanse mense soos ek en jy ook goed koop van tyd tot tyd. Dus begin ons al hoe meer navraag kry oor advertensies en sponsored posts op gevaaalik.com. Goeie ding vir ons en julle, want hoe meer ons betaal word hoe meer tyd kan ons spandeer aan die goeie werk wat gevaaalik.com is.

Native Advertising

Ons sal nie buig vir adverteerders nie. Ons en julle (die lesers) is die baas van gevaaalik.com, niemand anders nie.

Ongelukkig beteken dit dat jy soms native advertising gaan sien op gevaaalik.com. Moet nie kommer nie, dit gaan niks verander aan die tipe content wat jy sien op gevaaalik.com nie. Ons het al reeds ‘n hele paar aanbiedings van die hand gewys, oor simpel vereistes soos dat ons vir ‘n maand lank geen Stoute Boudjies of Vrydag Bederf mag doen nie. Daardie kite gaan nie vir ‘n fok ooit vlieg op gevaaalik.com nie. So graag soos wat ons betaal wil word vir die harde werk wat lê agter jou gevaaalikste Afrikaans website op die internet dansbaan, gaan ons nie ons editorial of creative control ooit prys gee nie.

Ons sal ook niks aan jou adverteer waarvan ons nie self hou nie. As jy een of ander native advertising op gevaaalik.com sien sal dit wees oor ons self die produk gebruik, of dit al gebruik het in die verlede. Ons probeer niemand befok hier op gevaaalik.com nie, veral nie ons ondersteuners nie. Tog is dit lekker dat ons nou geld begin maak, want dit beteken ons kan meer cool shit doen vir julle. Ons het ‘n hele paar dinge aan die brou, so hou die site dop volgende jaar vir so paar nuwe dinge waaraan ons werk.

As jy nie die term “native advertising” verstaan nie, is hierdie hier bo ‘n baie goeie video waar John Oliver baie mooi verduidelik wat native advertising is. Omdat ek self in digital marketing werk, weet ek goed hoe gross marketing en advertising kan raak. Ons gaan versker niks in jou keel af forseer nie en ons sal dit duidelik maak as dit ‘n sponsored post is, want net soos met ‘n piel is dit nie nice om dit in enige iemand se keel af te probeer forseer nie. Dit los net ‘n bitter smaak in jou mond. Bill Hicks het ‘n briljante bit gehad oor advertising/marketing wat jy hier onder kan kyk ook.

Ons wil in die nabye toekoms gevaaalik.com ons full-time job maak, en dit beteken dat ons meer sponsored posts gaan run op gevaaalik.com. Ons wil nie ‘n baas hê wat vir ons voorskryf hoe om vir julle gevaaalik.com te run nie. Al wat ons wil hê is dat julle moet verstaan dat ons nooit vir ons sal laat voorskryf hoe advertering op gevaaalik.com gedoen sal word nie. Ons sal 100% beheer handhaaf oor dit en enige brand wat wil sukkel met hoe ons dinge doen op gevaaalik.com kan loop naai.

Dankie vir julle ondersteuning oor die laaste 4+ jaar. Geniet die vakansie tydperk, en ons sal hier wees in 2015, net soos jy van gevaaalik.com hou, net met bietjie meer geld om gevaaalik.com beter te maak vir julle. Die site kort bietjie ‘n nuwe look.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *