Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Die Redmi 4A is DIE bekostigbare smartphone

Ek gebruik my foon baie. Die great ding van ‘n smartphone is dat jy basies ‘n rekenaar en video kamera in jou sak rond dra. Dit beteken ook dat ek werk kan doen, al is ek nie agter my lessenaar nie. Vir die laaste 4 maande gebruik ekamper uitsluitlik die Redmi 4A, ‘n foon wat net R1999 kos.

Die eerste keer toe ek die Redmi 4A wys vir ‘n vriend wat ‘n iPhone probleem het, het hy gedink ek wys vir hom ‘n iPhone. Ja, ek het die iOS7 theme op my Redmi 4A gesit, so ek kan nie regtig my vriend wat team Apple is blameer dat hy gedink het dit is ‘n iPhone nie, want as jy die foon unlock lyk dit soos ‘n iPhone 7*. Die groot verskil hier is dat die iPhone 7 in die omgewing van R17 500 kos om te koop. Met ander woorde, as jy eerder ‘n Redmi 4A kry as ‘n iPhone, dan spaar jy R15 500.

Wat kan jy met R15 500 doen?

Ek het dit al van te vore gesê: Ek koop eerder ‘n Smart TV en ‘n nuwe Xbox as wat ek 15k blaas op ‘n foon. Ek weet meeste mense koop nie hulle super duur smartphone kontant nie, hulle betaal dit af as deel van hulle selfoonkontrak. Selfoonkontrakte is vir suckers, veral as jy ‘n heel bruikbare foon kan kry vir net R1999. As jy besluit om eerder jouself die 15k te spaar dan kry jy ook ‘n foon met 1 megapixel meer in sy kamera as wat die iPhone 7 het.

R15 500 is genoeg om ‘n baie lekker vankansie te gaan hou. Hel, jy kan selfs the overseas gaan besoek as jy daardie bucks wil drop op ‘n vakansie. Met die Redmi 4A se 13 megapixel rear facing kamera kan jy ook jou hele vakansie document met video. Dalk nie 1080p video nie, maar 720p is nogsteeds heel kykbaar.

Dual-sim of expand die 32 gig storage

Die Redmi 4A is ‘n dual-sim foon. Dit beteken die foon kan twee sim-kaarte vat. Dus kan jy die beste data plan kry wat jy kan bekostig, en steeds jou nommer hou want jy kan twee sim-kaarte in die foon sit. Vir my is dit moerse handig aangesien ek ‘n besigheids nommer en ‘n persoonlike nommer het. Ek wil nie vir kliënte my persoonlike nommer gee nie.

As die 32gig on board storage capacity van die Redmi 4A nie genoeg is vir jou nie, kan jy ‘n SD card gebruik om jou storage te expand eerder as ‘n tweede sim-kaart gebruik. Dus kan jy teen ‘n fraksie van die kostes vir jouself ‘n 256 gig foon kry. Dit is nou as jy een van daardie mense is wat videos, foto’s en fokken baie musiek op jou foon wil hou.

R1999 kry steeds ‘n quad-core processor

Die Redmi 4A het ‘n Snapdragon 425 Quad-Core processor, wat glad nie sleg is nie. Die 4A het wel net 2gig RAM, en daar sou ek graag bietjie meer wou sien, maar die foon het nog nie een keer op my gehang oor die laaste 4 maande nie.

Die Redmi 4A is ook ‘n lekker size. Die skerm is 5 duim, wat eintlik groter is as die standaard iPhone 7 se 4.7 duim skerm. Dus nie so groot soos ‘n iPhone 7 Plus of iets soortgelyk nie, maar steeds groot genoeg dat jy vir ure sal kan Netflix of YouTube. En voor jy vra, ja die Redmi 4A het ‘n HD skerm.

Bekostigbaar, maar steeds bruikbaar

R1999 vir ‘n smartphone is ongelooflik, veral as hy perform soos die Redmi 4A. Ek gebruik my foon vir podcasts record (die laaste podcast se intro is op die Redmi 4A record, byvoorbeeld), om video te shoot, om foto’s te neem, vir email, browsing, YouTube, Netflix, social media BS, podcasts luister en selfs vir foto editing en die Redmi 4A hanteer elke taak sonder enige probleme. Dit is ook ‘n Android foon, so elke app waaraan jy kan dink sal jy kan kry.

Die 3120mAh battery is ook verbasend en hou lekker lank as ek nie heeldag op Instagram rond neuk nie. Ek hoef my foon dus net een keer ‘n dag te charge en dit is gewoonlik in die aand na ‘n dag se gebruik. Ek is 100% vir bekostigbare fone en eerder jou geld spandeer op ‘n cool vakansie, en die Redmi 4A is my gunsteling bekostigbare smartphone sover.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *