Gevaaalik.com Die gevaaalikste website op die interweb dansbaan

3Sep/120

Nirvana – In Bloom

Een van my gunsteling bands waaraan ek heeltemal te min aandag gee is Nirvana. Aangesien dit nou lente is het ek gedink "In Bloom" is 'n goeie keuse vir bietjie musiek vandag. Kurt Cobain het altyd gesê dat hy woorde in sy lirieke meer gebruik vir die woord se klank as vir die woord se betekenis en as jy die lirieke van "In Bloom" lees dan is dit baie duidelik dat Kurt ge-practise het wat hy preach.

"Sell the kids for food, weather changes moods, spring is here again, reproductive glands" Net daar in die opening verse van "In Bloom" word daar bewys dat die klank van die woorde meer beteken het as die betekenis van die woorde. As mens bietjie meer van Nirvana se lirieke gaan lees sal jy baie keer sien dat die lirieke nie sin maak nie. Party slimmies het probeer om 'n dieper betekenis agter Kurt se lirieke te kry.

Dit gebeur baie dat mense 'n dieper betekenis agter lirieke soek. Doen jouself 'n guns vandag en luister net na die song, vergeet wat Kurt dalk probeer sê het.

Soortgelyke gevaaalikhede:

Nog kaartjies beskikbaar vir Kings of Leon
The Black Keys - Tighten Up
Wolfmother - Woman/Love Train

Posted by Ruan Stix Fourie

One comment on “Nirvana – In Bloom

  1. Pingback: Kurt Cobain sou vandag verjaar | Gevaaalik.com

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

(required)

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Follow

Get every new post delivered to your Inbox

Join other followers