Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Nirvana – In Bloom

Een van my gunsteling bands waaraan ek heeltemal te min aandag gee is Nirvana. Aangesien dit nou lente is het ek gedink “In Bloom” is ‘n goeie keuse vir bietjie musiek vandag. Kurt Cobain het altyd gesê dat hy woorde in sy lirieke meer gebruik vir die woord se klank as vir die woord se betekenis en as jy die lirieke van “In Bloom” lees dan is dit baie duidelik dat Kurt ge-practise het wat hy preach.

“Sell the kids for food, weather changes moods, spring is here again, reproductive glands” Net daar in die opening verse van “In Bloom” word daar bewys dat die klank van die woorde meer beteken het as die betekenis van die woorde. As mens bietjie meer van Nirvana se lirieke gaan lees sal jy baie keer sien dat die lirieke nie sin maak nie. Party slimmies het probeer om ‘n dieper betekenis agter Kurt se lirieke te kry.

Dit gebeur baie dat mense ‘n dieper betekenis agter lirieke soek. Doen jouself ‘n guns vandag en luister net na die song, vergeet wat Kurt dalk probeer sê het.

You may also like...

1 Response

  1. February 20, 2013

    […] sal ons nou nooit weet nie. "Come As You Are" is die tweede single vanaf Nevermind gewees. Dit was Nirvana se tweede American Top 40 hit en ook hule tweede UK Top […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *