Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

#MyTshirtStory – My T-shirts, ‘n storie

Eerste YouTube video van die jaar, en die een is bie soos my vorige twee nie. Hierdie is nie ‘n vlog nie, hierdie is meer soos ‘n kortfilm oor 7 van my gunsteling T-shirts. Elke T-shirt het ‘n storie, en ek praat nie net van my T-shirts nie, maar ook jou T-shirts. Dus #MyTshirt Story.


Elkeen van ons het ‘n T-shirt wat ‘n gunsteling is in die kas lê. Daardie een wat jy so baie al gedra het dat hy eintlik sif is. Die T-shirt waaraan jy nou dink, is nie net vir jou cool oor hoe hy lyk nie, maar ook omdat daar ‘n storie is agter die dag toe jy die T-shirt gekry het. Of jy het ‘n storie van ‘n spesifieke dag toe jy die T-shirt gedra het. Twee van die T-shirts in die video, het ek nou al vir 12 jaar.

Wat is jou #MyTshirtStory?

Hoe lyk jou gusteling T-shirt? Tweet hom vir my of post hom op Instagram met die hashtag #MyTshirtStory. Net ‘n foto met jou kort storie by, of selfs ‘n video as jy wil. Hier onder is #MyTshirtStory: “My T-shirts, ‘n storie”. Soos jy kan raai van die foto hier bo, gaan my T-shirt storie bietjie verder terug as wat nodig is al die pad na die dae toe ek nog ‘n kind was. Ek sien uit daarna om julle gunsteling T-shirts te check.

As jy een van die hemde wil koop wat ek gemaak het, die Tokin’ White Guy of die Phillip die cool Pynappel T-shirt, kan jy my email by gevaaalikdotcom@gmail.com. O, en dit sal gaaf wees as jy gaan subscribe aan my YouTube channel. As jy reeds het, dankie. As jy nog nie subscribe het nie, ek sal dit waardeer.

You may also like...