Nuwe Nine Inch Nails – Not the Actual Events
Ek skryf nie meer baie oor musiek nie. Van tyd tot tyd deel ek iets, maar oor die algemeen probeer ek dit vermy, anders wil elke Jan-rap en sy maat wat ‘n band het hê ek moet skryf oor hulle band ook. Wanneer ek dus uitsonderings maak, is dit omdat dit musiek is wat ek regtig baie van hou, soos Nine Inch Nails.
Daar word algemeen aanvaar dat Nine Inch Nails meestal Trent Reznor se monster is. Hy gebruik ander musikante om hom te help in studio, al speel Reznor self omtrent elke instument wat hy gebruik. Hy het natuurlik ook musikante wat hom help as Nine Inch Nails toer. Dus is dit veilig om te sê dat Reznor al met baie cool musikante gewerk het deur die loop van Nine Inch Nails se loopbaan.
Nine Inch Nails het onlangs weer bietjie tyd in studio gaan spandeer om aan ‘n paar songs te werk, en die keer het Reznor officially vir long time working partner Atticus Ross officially deel gemaak van die nuwe musiek op Not the Actual Events. Mariqueen Maandig (Reznor se vrou) doen guest vocals op “She’s Gone Away”, Dave Grohl speel dromme op “The Idea of You” en Dave Navarro speel guitar op “Burning Bright (Field of Fire)”.
Jy kan verseker parallelle trek tussen die nuwe Nine Inch Nails, van die ouer Nine Inch Nails musiek en ook verseker die twee score Soundtracks wat Trent Reznor en Atticus Ross gemaak het vir The Social Network en The Girl with The Dragon Tattoo. Selfs Reznor het erken dat Nine Inch Nails se 90s musiek ‘n invloed gehad het op die nuwe musiek:
We allowed ourselves to become self-referential, look back at some of the things we’ve done and write a song like something else, which has never been the starting point. But it was listening back to some mid-’90s stuff that sounded pretty exciting having not listened to it in a while. ‘Let’s make something that is referencing that.’
Ek hoef jou seker nie te vertel nie, maar as jy ‘n Nine Inch Nails fan is, gaan jy hou van Not The Actual Events. Jy mag dalk, soos ek, wens dat die nie net ‘n 5 song EP was nie, maar ‘n vol album. As jy nie ‘n fan is van Nine Inch Nails nie, dan mag dit dalk vir jou bietjie weird klink. Trent Reznor is bekend daarvoor dat hy musiek maak met goed wat nie eintlik gebruik word om musiek te maak nie. Dit is juis daaroor dat Nine Inch Nails so groot impak op het.
Luister die song hier onder, en laat weet my wat jy dink in die comments.