Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Michael ‘Big Mike’ Straumietis, die Marijuana Don

Ek weet, dit klink soos ‘n drug cartel baas uit ‘n fliek uit: Michael ‘Big Mike’ Straumietis, die Marijuana Don. En Mike is groot, 6’7” (of 2 meter lank vir die van ons wat die baie eenvoudiger en meer akkurate metric system gebruik) groot. Hy is ook ryk. Besit ‘n hele paar mansions, private jet en baie gevaaalike dames wat heeltyd saam hom in foto’s verskyn wat hy op Instagram deel. Die ander ding wat jy gereëld in die Big Mike se Instagram foto’s sal sien is dagga, maar Mike verkoop nie dagga nie. Mike is die eienaar van Advanced Nutrients, ‘n plantvoedingstowwe maatskappy wat die grootste platvoedingstof verskaffer is aan hydroponic farms.

Michael 'Big Mike' Straumietis, the Marijuana Don

Michael 'Big Mike' Straumietis

Loading…

Michael ‘Big Mike’ Straumietis se Instagram account

Mike maak ten volle gebruik van Instagram. Hy het ‘n span van mense wat hom help om sy Instagram seepglad te laat verloop. Die lyk dalk soos zol en sexy hol so ver as wat jy kan sien, maar Mike is eintlik besig om sy “personal brand” te groei en met 1.5 miljoen followers groei hy goed. Party noem dit smut en ‘n mors van tyd oor dit op social media is, maar ek is seker Big Mike maak genoeg geld van sy poses strike saam jong dames met dagga.

A post shared by BigMike (@bigmike) on

A post shared by BigMike (@bigmike) on

Van Advanced Nutrients se produkte soos Iguana Juice en Big Bud word natuurlik gebruik om dagga die groei. Advanced Nutrients en indirek die dagga-bedryf het vir Mike ‘n baie wel af man gemaak. Boom word natuurlik nie net gebruik vir rook nie, daar word allerhande goed gemaak daarmee soos cannabis-oil, klere, kos en honderde ander goed. Die dagga-bedryf is reusagtig groot in die VSA en Big Mike maak 100% gebruik daarvan. In kombinasie met sy Instagram, YouTube en ander content wat hy uitsit op die internet is hy besig om nog meer miljoene te maak bo-op die miljoene wat hy reeds het.

Hy gaan nou sy eie reality reeks hê, wat basies The Apprentice is vir die dagga-bedryf. Die wenner kry $1 miljoen. Dis R11 643 920,00 vir die van ons wat in ‘shithole’ countries lewe. Dit keer jou steeds nie om in te skryf om The Next Marijuana Millionare te word nie. Jy kan nog jou aansoek om op die program te wees instuur voor 20 April 2018 (420, get it?)

https://www.youtube.com/watch?v=MCIflAMO6CI

Ek is seker as jy meer oor Big Mike wil weet gaan jy tien teen een self bietjie gaan Google. Tien teen een gaan jy net vir Big Mike gaan volg op Instagram. Miskien probeer jy op Big Mike se reality reeks land. Wanneer jy daardie miljoen dollar wen, onthou van my. En as jy dit maak tot op die show, onthou in America kan selfs die patetieste reality TV star miljoene maak in net ‘n paar jaar. Raak gemaklik met die gebruik van jou social media (veral Instagram en YouTube). Kyk net na ou Mike se Instagram account, op die ou einde van die dag is alles op sy Instagram account (en al die content wat hy maak net sodat hy meer mansions kan koop. Op die oog af lyk dit of dity goed uitwerk vir hom.

 

Picnic in paradise. Tag the friends you love to smoke and chill with.

A post shared by BigMike (@bigmike) on

 

Should be all 50. 🇺🇸😁

A post shared by BigMike (@bigmike) on

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *