Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Maak geld op die internet – Interview met ‘n Affiliate Marketer

Ons almal wil so paar ekstra bucks maak elke maand. Deedae maak die ineternet dit moontlik om geld te maak van selfs net jou smartphone af. Dit nou as jy data kan bekosting om die internet te gebruik op jou foon. Affiliate Marketing is een manier hoe baie mense geld maak op die internet, en ek het besluit om ‘n Affiliate Marketer so paar vrae te vra oor hoe hy sy geld maak.

Op gevaaalik.com is daar ook affiliate links, soos die Mantality links, waar gevaaalik.com ‘n persentasie kry vir elke ietem wat jy koop as jy deur gevaaalik.com na Mantality se website gaan. Met hierdie interview reeks (ja, daar is nog oppad oor ander manier om geld te maak via die internet) hoop ek dat ek en ook jy iets leer wat ons help om so bietjie ekstra bier-geld te maak.

gevaaalik.com: Wat is affiliate marketing?

Affiliate marketer: Basies is dit ek wat iemand anders se produkte verkoop via die internet, en ek kry ‘n “cut” van elke sale wat gemaak word. Al wat ek hoef te doen is om mense deur my affiliate links te stuur na ‘n website toe, en as hulle geld daar spandeur kry ek ‘n persentasie.

gvlk: Hoeveel geld kan jy maak met affiliate marketing?

AM: Dit hang alles af van watse produkte jy verkoop en hoe groot die persentasie is wat jy kan kry van elke sale. Jy gaan moet besluit of jy ‘n groot hoeveelheid lae prys produkte gaan wil verkoop en of jy gaan minder sales maak maar op items met ‘n groter price tag. As jy ‘n Amazon affiliate is (‘n persoon wat mense dryf na Amzon om produkte daar te koop) kry jy tussen 4% en 6% op elke sale. So as iemand ‘n speaker koop op Amazon teen $100 dan kry jy $6 as jy werk op ‘n 6% affiliate “cut”.

Ek ken affiliates wat $150 000 ‘n jaar maak, en daar is ander wat baie meer as dit maak. Dit hang alles af van hoe hard jy werk enhoe goed jy is.

gvlk: Watse produkte kan jy alles verkoop as ‘n affiliate?

AM: Amper enige ding, soos Amazon verkoop amper alles wat jy aan kan dink, maar Amazon werk nie so lekker vir Suid-Afrikaners nie. In Suid-Afrika dink baie mense goed soos AdMarula is affiliate marketing, maar met netwerk soos daardie word mense dikwels net betaal per click, eerder as ‘n persentasie kry van elke sale.

Baie mense weet dit nie, maar online casinos het groot affiliate programme wat goed betaal. Online casinos betaal hulle affiliates tussen %20 en tot selfs %45 persent van enige deposito wat casino spelers maak. En as jy nou regtig groot geld wil begin praat met groter price tag sales, dan kan jy yacht charters verkoop, en party yacht deals is so groot soos $100 000. As jy %15 kry van $100 000, dan maak jy vir een verkooping in die omgewing van amper R200 000. Dit is baie goeie geld in Suid-Afrika.

glvk: So wat verkoop jy as affiliate?

AM: Tans fokus ek die meeste op yacht charters en online casinos. Ek het ‘n website gebou vir elkeen, en vir elke sale wat ek maak deur daardie website kry ek my persentasie. %15 by die yacht charters en %25 by meeste online casinos.

gvlk: Is online casinos wettig is Suid-Afrika?

AM: Dit is heeltemal ‘n grys-area en een wat baie Suid-Afrikaanse casino spelers eerste van wil weet. Dit is wettig in Suid-Afrika, maar net by sekere online casinos. Maar, omdat online casinos op die internet is, kan Suid-Afrikaners by allerhande verskillende casinos geld spandeer, al mag hulle tegnies nie. Dit is iets wat ek moet duidelik maak aan enige persoon wat my website gebruik, en daarom het ek informasie oor “SA online gambling laws” op my website.

gvlk: En die yachts, is dit in Suid-Afrika?

AM: Ek is seker dat daar yachts is wat jy kan charter op die kus van Afrika, maar al die yachts wat ek op my website het is van plekke soos die Caribbean en die British Virgin Islands. Meeste van die ouens wat die yachts besit is nie Suid-Afrikaners nie, maar daar is baie Suid-Afrikaners wat werk op die yachts as crew members.

Op Blu Charters is baie van die yachts meer as $45 000 per week wat jy die ding voor charter. As die yacht soveel kos om te charter, kan jy net dink hoeveel dit kos om een te koop, en party yachts charter vir $120 000 per week of selfs meer. Dit is ouens met baie groot geld, en daarom betaal hulle goed as jy hul kalenders vol maak met met bookings.

gvlk: So is jy die telemarketer van die internet age?

AM: Nee, ek want ek verkoop aan mense wat reeds soek om daar hul geld te spandeer. Telemarketers doen cold calling waar hulle mense bel wat tien teen een nie eers gaan belangstel in die produk nie, maar as jy ‘n goeie affiliate marketer is dan adverteer jy net aan die mense wat reeds gewys het hulle stel belang in wat jy verkoop.

Die groot verskil is dat daar geen “trust” is met ‘n telemarketer wat jou bel nie, maar as affiliate marketer het jy reeds vir die ou informasie gegee oor wat dit is wat hy soek, en daarom vertrou hy jou meer om sy geld by jou te spandeer.

 

 

You may also like...

1 Response

  1. Mario says:

    Kan jy my help om dit te begin

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *