Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Jack White – Freedom At 21

Jack White is baie bekend in die musiekwêreld. Al ooit gehoor van ‘n band met die naam The White Stripes? Ja, hy was in The White Stripes. Nou het hy sy eerste solo album uitgebring met die naam Blunderbuss.

In Februarie 2011 het The White Stripes bekend gemaak dat hulle gaan opsplits. Dit was nie moeilik om dit te sien kom nie aangesien Jack en Meg White (wat saam met hom in die band was) geskei het en om saam met jou ex te werk gaan nooit werk nie. Dit was hartseer vir fans van The White Stripes, want dit was uiteraard ‘n baie goeie band met baie goeie musiek.

Maar moenie vrees nie. Jack White is terug met Blunderbuss en nadat Taxi Violence dit nou die dag op ons podcast gemention het, het ek besluit om na die eerste video vanaf die album, “Freedom At 21”, te kyk. Die video is awesome en ek like die song ook. Daar is ‘n baie vreemde off-beat drumbeat wat aan die begin in jou regter oor is, maar jy raak gewoond daaraan. Die guitar werk is great, soos mens sou verwag van Jack White.

Ek dink ek gaan vir my Blunderbuss kry. Wat dink julle van die song en video? O, reg aan die einde maak Josh Homme ‘n appearance in die video, maar as jy na die podcast geluister het weet jy dit klaar.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *