Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Idees vir Ouens se Kerfees lysie

Ek suig met kersgeskenke koop. Ek is kak daarmee. Ek voel eintlik sleg vir my vrou want sy kry altyd awesome geskenke vir my, maar ek sukkel altyd om iets vir haar te kry. Dus het ek die hulp ingespan van so paar mense en ‘n kersgesknk lysie aanmekaar gesit om julle te help met julle Christmas shopping.

Kerfeesgeskenk idees

Voorbeeld van ‘n geskenk wat ek dink is snaaks, en dus great. My vrou, dink nie dit is great nie.

Of jy nou ‘n dame is wat nie weet wat om vir haar man/boyfriend/vriend met voordele of wat ookal te kry nie, en of jy vir jouself ‘n geskenk wil koop omdat jy kan. Hierdie lys het so paar voorstelle. Moet nie kommer nie dames, ons werk aan ‘n lys van goedjies meer gemik op julle ook. Die man in jou lewe sal enige geskenk op hierdie lys geniet en ten volle kan gebruik. Names al die ouens wat van die geskenke gaan kry, baie dankie.

Alles hier onder is net voorstelle, en ons koop alles deur kalahari.com. Want dan word dit sommer by jou huis afgelewer. Wie wil nou in ‘n winkelsentrum gaan rondloop saam met duisende ander mense? Ek sit eerder in my bokser en wag by die huis vir my goed om afgelewer te word. Jy kan natuur die goed op ander plekke ook koop, maar ons het gedink ons maak dit maklik vir jou, want ons gebruik self kalahari.com gereëld.

External Hard Drive

Elke ou kort deesdae ‘n external hard drive, al is dit meestal om soppy shows te kry vir sy girl om te kyk. Vampire Diaries en daardie snert. Meeste van ons kyk deesdae ‘n TV reeks, of fliek of documentary wat iemand by iemand se neef gecopy het. Die groot probleem is dat baie van die TV reekse, of flieks, wil hou. Dan raak jy vinnig uit spasie uit.

TV reekse

Meeste ouens ken die reekse, al wil ons meeste van die reekse glad nie ken nie

Die goeie nuus is dat external hard drives deesdae relatief goedkoop is vir die hoeveelheid spasie wat die goed het. Hier is so paar om van te kies, hoe duurder, hoe groter. Dink so daaroor; hoe meer spasie julle het, hoe meer plek is daar vir Big Bang Theory en ander goed wat jy ook wil kyk.

Seagate 2.5″ Expansion Portable Hard Drive USB 3.0 – 500GB – R599

Transcend StoreJet 25D3 USB 3.0 External Hard Drive – 1TB – R799

WD Elements Portable 2.5″ 2TB External Hard Drive – Black – R1299

Far Cry 4

Ek kan nie Far Cry 3 anders beskryf as die coolste game van 2012 nie. Far Cry 4 belowe om te wees wat Far Cry 3 was en beter. Dit speel weer op ‘n tropiese looking eiland af. Baie dames kan nie verstaan hoekom ons ouens dit soveel geniet om games te speel nie. Maar eerlikwaar dink ek dat ek aan jou verduidelik hoe goed ek voel na ek iemand in die gesig geskiet het in die game, en jy mag dalk net dink ek is mal.

Far Cry 4

Far Cry 4 is een van daardie first person shooter games wat enige gamer sal geniet, ou of dame. Dit is aksie gepakde fun met skote wat skrams verby jou kop vlieg en ontpolffings wat jy most likely veroorsaak het om elke draai. Nie ‘n slegte game om te speel tydens ja paar daggies af gedurende Desember nie. Kyk die trailer, dit lyk awesome.

far cry 3

Playstation 4 – R799

Xbox One – R799

Playstation 3 – R699

Xbox 360 – R699

PC – R499

Bietjie musiek

Ek het al gerave oor die album, en vir enige fan van goeie musiek is Slipknot se .5 The Gray Chapter ‘n must own. As jy ‘n fan is van metal musiek dan is jy in vir ‘n double treat. Die nuutste album van Slipknot is verseker die beste metal album van 2014. Dit is ‘n melodic masterpiece met harde metal soos net Slipknot dit kan doen.

Slipknot-5-Album-Cover

Slipknot – .5 The Gray Chapter – R171

Foo Fighters het besluit om hulself buite hul comfort zone te sit vir die recording van hulle nuwe album. Die vorig album, Wasting Light, is opgeneem in Dave Grohl se garage. Die keer word daar 8 songs record, in agt verskillende stede oor die VSA. Ja, daar is toe is series gemaak ook oor die toer deur HBO. Dit is ‘n uitstekende music series, maar tog help dit ook om die Foo Fighters se nuwe album te bemark.

Dit is ‘n goeie album en ek geniet dit ongelooflik baie. Ek het vir my vrou die album bestel, ons gaan immers die Foo Fighters kyk oor so paar weke. Later sal ek ook die DVD box set koop van die Foo Fighters: Sonic Highways series ook. Ek wil beslis al die extra footage wat daar sonder twyvel sal wees op die DVDs as extras. Sien hierdie as die eerste geskenk van ‘n verjaarsdag combo.

Foo Fighters – Sonic Highways – R139

Daarsy, gee vir jou boyfriend/man/skelm/stukkie ‘n klapsoen en een van die geskenke hier bo en hy gaan baie beindruk wees met jou. Plus kalahari.com het free delivery, en jy kan dit by jou kantoor laat aflewer. Maklik om te kry en weg te steek. Deur iets deur kalahari.com te koop help jy ons ook. Dit kos jou presies wat dit jou sou gekos het, maar ons kry ‘n klein persentasie as jy deur enige van die kalahari.com links gaan op gevaaalik.com. Dankie dat jy ons free hou.

You may also like...

2 Responses

  1. December 4, 2014

    […] 'n cool geskenk te kry. So as jy wil seker maak jy kry iets lekker vir kersfees, maak seker jy druk die lysie onder die dame in jou lewe se […]

  2. December 5, 2014

    […] die Vrydag Bederf. Ander dinge wat jy dalk die week gemis het op gevaaalik.com is moontlik ons cool lysie van kersgeskenke en ook ons nuwe podcast episode waar ons die Dagga Couple gehad het as […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *