gevaaalik.com Die gevaaalikste website op die interweb dansbaan

4Dec/140

Idees vir Ouens se Kerfees lysie

Posted by Ruan Stix Fourie

Ek suig met kersgeskenke koop. Ek is kak daarmee. Ek voel eintlik sleg vir my vrou want sy kry altyd awesome geskenke vir my, maar ek sukkel altyd om iets vir haar te kry. Dus het ek die hulp ingespan van so paar mense en 'n kersgesknk lysie aanmekaar gesit om julle te help met julle Christmas shopping.

Kerfeesgeskenk idees

Voorbeeld van 'n geskenk wat ek dink is snaaks, en dus great. My vrou, dink nie dit is great nie.

Of jy nou 'n dame is wat nie weet wat om vir haar man/boyfriend/vriend met voordele of wat ookal te kry nie, en of jy vir jouself 'n geskenk wil koop omdat jy kan. Hierdie lys het so paar voorstelle. Moet nie kommer nie dames, ons werk aan 'n lys van goedjies meer gemik op julle ook. Die man in jou lewe sal enige geskenk op hierdie lys geniet en ten volle kan gebruik. Names al die ouens wat van die geskenke gaan kry, baie dankie.

Alles hier onder is net voorstelle, en ons koop alles deur kalahari.com. Want dan word dit sommer by jou huis afgelewer. Wie wil nou in 'n winkelsentrum gaan rondloop saam met duisende ander mense? Ek sit eerder in my bokser en wag by die huis vir my goed om afgelewer te word. Jy kan natuur die goed op ander plekke ook koop, maar ons het gedink ons maak dit maklik vir jou, want ons gebruik self kalahari.com gereëld.

External Hard Drive

Elke ou kort deesdae 'n external hard drive, al is dit meestal om soppy shows te kry vir sy girl om te kyk. Vampire Diaries en daardie snert. Meeste van ons kyk deesdae 'n TV reeks, of fliek of documentary wat iemand by iemand se neef gecopy het. Die groot probleem is dat baie van die TV reekse, of flieks, wil hou. Dan raak jy vinnig uit spasie uit.

TV reekse

Meeste ouens ken die reekse, al wil ons meeste van die reekse glad nie ken nie

Die goeie nuus is dat external hard drives deesdae relatief goedkoop is vir die hoeveelheid spasie wat die goed het. Hier is so paar om van te kies, hoe duurder, hoe groter. Dink so daaroor; hoe meer spasie julle het, hoe meer plek is daar vir Big Bang Theory en ander goed wat jy ook wil kyk.

Seagate 2.5" Expansion Portable Hard Drive USB 3.0 - 500GB - R599

Transcend StoreJet 25D3 USB 3.0 External Hard Drive - 1TB - R799

WD Elements Portable 2.5" 2TB External Hard Drive - Black - R1299

Far Cry 4

Ek kan nie Far Cry 3 anders beskryf as die coolste game van 2012 nie. Far Cry 4 belowe om te wees wat Far Cry 3 was en beter. Dit speel weer op 'n tropiese looking eiland af. Baie dames kan nie verstaan hoekom ons ouens dit soveel geniet om games te speel nie. Maar eerlikwaar dink ek dat ek aan jou verduidelik hoe goed ek voel na ek iemand in die gesig geskiet het in die game, en jy mag dalk net dink ek is mal.

Far Cry 4

Far Cry 4 is een van daardie first person shooter games wat enige gamer sal geniet, ou of dame. Dit is aksie gepakde fun met skote wat skrams verby jou kop vlieg en ontpolffings wat jy most likely veroorsaak het om elke draai. Nie 'n slegte game om te speel tydens ja paar daggies af gedurende Desember nie. Kyk die trailer, dit lyk awesome.

far cry 3

Playstation 4 - R799

Xbox One - R799

Playstation 3 - R699

Xbox 360 - R699

PC - R499

Bietjie musiek

Ek het al gerave oor die album, en vir enige fan van goeie musiek is Slipknot se .5 The Gray Chapter 'n must own. As jy 'n fan is van metal musiek dan is jy in vir 'n double treat. Die nuutste album van Slipknot is verseker die beste metal album van 2014. Dit is 'n melodic masterpiece met harde metal soos net Slipknot dit kan doen.

Slipknot-5-Album-Cover

Slipknot - .5 The Gray Chapter - R171

Foo Fighters het besluit om hulself buite hul comfort zone te sit vir die recording van hulle nuwe album. Die vorig album, Wasting Light, is opgeneem in Dave Grohl se garage. Die keer word daar 8 songs record, in agt verskillende stede oor die VSA. Ja, daar is toe is series gemaak ook oor die toer deur HBO. Dit is 'n uitstekende music series, maar tog help dit ook om die Foo Fighters se nuwe album te bemark.

Dit is 'n goeie album en ek geniet dit ongelooflik baie. Ek het vir my vrou die album bestel, ons gaan immers die Foo Fighters kyk oor so paar weke. Later sal ek ook die DVD box set koop van die Foo Fighters: Sonic Highways series ook. Ek wil beslis al die extra footage wat daar sonder twyvel sal wees op die DVDs as extras. Sien hierdie as die eerste geskenk van 'n verjaarsdag combo.

Foo Fighters - Sonic Highways - R139

Daarsy, gee vir jou boyfriend/man/skelm/stukkie 'n klapsoen en een van die geskenke hier bo en hy gaan baie beindruk wees met jou. Plus kalahari.com het free delivery, en jy kan dit by jou kantoor laat aflewer. Maklik om te kry en weg te steek. Deur iets deur kalahari.com te koop help jy ons ook. Dit kos jou presies wat dit jou sou gekos het, maar ons kry 'n klein persentasie as jy deur enige van die kalahari.com links gaan op gevaaalik.com. Dankie dat jy ons free hou.

24Dec/125

Kersfeeswense gevaaalik style

Posted by Ruan Stix Fourie

Dit is daardie tyd van die jaar, dit is Kerstyd. En die manier hoe ons kerfees vier hier by gevaaalik.com is met gevaaalike dames in sexy kersfees pakkies.

Maar eers 'n paar dankies. Dankie aan almal wat help met gevaaalik.com. Die fokkers wat vir my foto's en links e-mail. Dankie aan die van julle wat aanhou om gevaaalik.com te besoek en julle vriende vertel van die gevaaalikste website op die interwebs. Ons kry 240% meer mense wat gevaaalik.com besoek deesdae in vergelyking met 'n jaar terug. Dankie vir die boodskappe op Facebook, Twitter en die comments wat julle los. Om elke dag vir julle content te bring is vir my niks behalwe 'n plesier nie en dit raak net al hoe lekkerder.

Mag al jou kersfeeswense waar word en mag jy die feestyd geniet en lekker party. Hier is vir julle 'n geskenkie van die gevaaalik.com crew af en aangesien julle nou al weet van my lewenslange liefdes verhouding met Melanie Iglesias is daar 'n foto van haar en 'n kersfees video van haar ook.

Merry Christmas bitches!

Kersfeeswense gevaaalik style

Kersfeeswense gevaaalik style (2)

Kersfeeswense gevaaalik style (3)

Kersfeeswense gevaaalik style (4)

kersfeeswense

kersfeeswense

kersfeeswense

kersfeeswense

kersfeeswense

kersfeeswense

22Dec/110

Vrydag Bederf Krismis Edition

Posted by Ruan Stix Fourie

Laas jaar was ons gaaf genoeg om vir julle Kerfeeswense (NSFW) te bring. Ek het besluit om dit weer te doen die jaar aangesien so paar van julle daarvoor gevra het. Alhoewel dit die jaar bietjie meer tame is (jy kan maar by die wertk daarna kyk), is dit steeds gemerk met 'n "boner alert".

Vir elke een van ons besoekers en veral die wat elke dag terug kom, comments los, vir ons e-mail stuur, met ons chat op Twitter of op ons wall comment op Facebook, baie dankie. Geseënde Kersfees en voorspoed met die jaar wat voorlê. Mag julle elkeen kry waarvoor julle vra. Of dit nou 'n rooi fietsie, 'n fietse meisie, 'n befokte werk, lotto nommers, lekker party, lekker dans of 'n poesklap is.

Ek is van more af op vakansie en ek sal my bes probeer om elke dag vir julle darem een stukkie entertainment te bring. Dus is die Vrydag Bederf krismis edition bietjie vroeg. Maar ek maak geen beloftes nie, ek mag dalk net te besig wees met vakansie hou. Hou maar Twitter en Facebook dop, julle sal daar updates sien tot ek terug on duty is. Thanks, julle is almal befok.

Die gevaaalik.com crew.

26Nov/100

Kersfeeswense van die gevaaalik.com crew

Posted by Ruan Stix Fourie

Hier is vir julle almal sommer twee kerskaartjies van ons af, met hope liefde. Jy jy lees reg, fokken twee! Dit is hoe cool ons is. Ons weet dit is bietjie vroeg maar binnekort gaan die kerspartytjies begin en dan gaan ons te gesuip wees om ons name te onthou, nevermind geseënde kersfees aan jou ma sê! So hier is die kaartjies, geniet, kwyl, huil en dan dratie jy sommer weer!

Page 1 of 11
Follow

Get every new post delivered to your Inbox

Join other followers