Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

I Disagree – Poppy

Die internet is verantwoordelik vir ‘n hele paar ongelooflike goed. Ja, die internet het meer interesantegoed as die PornHub videos wat jy elke dag vir heeltemal te lank sit en kyk. Een van die dinge wat nooit sou bestaan het sonder die internet nie is Poppy, en haar album I Disagree.

Wat, of wie, is Poppy?

Ek weet nie presies nie. Ek het nou al diep in die Poppy rabbit-hole af gegaan. Dit het begin met weird videos waar Poppy heel onskuldig lyk en vreemde dinge heel aloof en vriendelik uitspreek. Tog is die onderwerpe dikwels donker en nihilistic van aard.

Poppy is ‘n jong musiekant met die naam Moriah Rose Pereira. Saam met ‘n creative type knaap met die naam Titanic Sinclair het Poppy ontstaan. Van die vreemder videos soos “I’m Poppy” het al meer as 23 miljoen views. Een van my persoonlike gunstelinge is “Everybody is boring”.

Poppy is wat Taylor Swift sou gewees het as sy cool was

As Taylor Swift deur Marilyn Manson en Trent Reznor grootgemaak is, en sy was toe op skool saam met Slipknot, dan sou sy bekend gewees het as Poppy. Haar nuwe album is iets wat klink soos nu-metal, industrial rock wat deurspoel in ‘n dementia-brein vol Katy Perry, Taylor Swift en ander niksseggende pop-musiek.

Ek het nog altyd ‘n sagte plek vir industrial musiek soos Marilyn Manson en Nine Inch Nails, maar ek is glad nie skaam om te erken dat ‘n goed vermomde pop song my al baie gevang het nie. Nirvan se “Teen Spirit” is after all ‘n vermomde pop song.

Ek dig Poppy en I Disagree is ‘n great album. Die lyrics is net soos Poppy se videos. Hoe meer “poppy” die musiek, hoe donkerder die lirieke. Jy gaan dalk ‘n Poppy video kyk en candyfloss pop verwag maar wat jy gaan kry is songs soos “Bite Your Teeth” was baie klink asof dit ‘n Slipknot inspired stel samples en riffs gebruik. Daar is tonne kalm oomblikke wat in die rede geval word deur skisofreniese harde riff, twisted samples, metal, rock en paranoia. Miskien is die mooiste ding van die album hoe onvoorspelbaar dit is. Poppy is ‘n interesante creative project, en ek dig die musiek.

Probeer die song hier onder, en as dit jou laat tingle kan jy maar reg maak vir baie diep af gaan op die Poppy rabbit hole. Begin sommer by Google.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *