Deprecated: trim(): Passing null to parameter #1 ($string) of type string is deprecated in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/wordpress-seo/src/presenters/open-graph/image-presenter.php on line 102

Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Holi One Festival vir Johannesburg aangekondig

Laas week het ons die nuus dat die Holi Festivals Suid-Afrika toe kom met julle gedeel. As jy dit gemis het, ek verduidelik alles oor die festivals daar ook. Die belangrike ding hier is dat ons ‘n datum gekry het vir die Johannesburg Holi One festival.

Holi One Festival South Africa

Die Holi One Festival tref Kaapstad op 2 Maart 2013, maar dit het ons klaar geweet. Dan op 6 April 2013 slaan die Holi One festival Gauteng, of meer spesifiek Emmerentia Dam vanaf 12:00 die middag tot 20:00 daardie aand. Vanaf 13:00 en elke uur wat volg na dit gaan almal saam hul gekleurde poeiers in die lug op gooi (en na mekaar toe). Dit sorg vir ‘n ongelooflike visual experience met al die gekleurde poeiers in die lug.

Jy kan jou kaartjie nou koop by Webtickets. Vir R190 kom jy in by die hek, vir R290 kry jy vyf gekleurde poeiers en ingang. Jy gaan ekstra poeiers daar kan koop ook teen R20 per 100g. Daar is vyf kleure om van te kies. Jy sal ook kaartjies by die hek kan koop, maar dit kos R250 en dan kry jy niks poeiers nie.

Die poeiers is 100% veilig, los op in water, non-toxic en enviromentally friendly. So dit sal jou niks maak nie. Ek dink dit gaan moerse baie fun wees en ek kan nie wag om te gaan nie. Check die video hier onder vir so klein smakie van wat jy gaan mis as jy nie gaan nie.

You may also like...

1 Response

  1. April 16, 2013

    […] die dag toe ek by die We Are One Festival in Johannesburg was, was daar een ding wat vir my duidelik is: Daar is baie ouens in Johannesburg […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *