Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Dan Mace wys hoe jy sou vlog en YouTube in die 1980s

My seuntjie het gister verjaar. Hy is nou twee. Daar is reeds meer video en foto van hom as wat daar van my geneem is in die eerste 29 jaar van my lewe. Goddank ons kan dit nou capture want jou lewe gaan so vinnig verby dat ons lucky is om te kan terug kyk op alles wat ons record en afneem. Dan Mace het ‘n video gemaak wat mooi illustreer hoe lucky ons is.

Ek raai aan dat almal ten minste een video probeer maak en op YouTube sit. Jy kan jou YouTube channel private hou en net jou video daar stoor vir jouself om te kyk oor tien jaar. Die algemeenste verskoning vir hoekom om nie ‘n video te maak nie is: “Ek het nie die regte equipment nie.”

Dan Mave - Vlogging in the past with old equipment

Tog het meeste mense deesdae ‘n smartphone en meeste smartphones is meer as genoeg omdaardie eerste video te maak. Jy kort nie al die DSL-kameras nie, jy kort nie die boom mic of lapple-mics nie, jy kort nie die ligte nie, jy kort nie die Apple laptop met die editing software nie. Al wat jy kort is jou foon om dit te shoot en as jy wil edit ‘n app soos PowerDirector.

Ons het dit so maklik dat Dan Mace dit moet uitwys deur ‘n “vlogging-kontrepsie” moet bou om te illustreer hoeveel makliker dit is om baie beter qualiteit video te maak in 2018. Dan Mace is ‘n film maker en director wat bly in die Kaap. Hy het onlangs saam met Casey Neistat videos geskiet terwyl Casey in Suid-Afrika was. Ek het gister eers vir aan Dan se channel gaan subscribe nadat ek al reeds in die verlede een van sy videos gekyk het. Dit is toe gister dat ek hierdie video sien:

Toe ek nou in die Kaap was vir die shoot van die Via TV show het ek baie gedink oor hoe ons nog net aan die begin is van hoe content (for lack of a better term) creation gaan verander oor die volgende 50 jaar. Mense onder 20 kyk baie meer video op hul fone as wat hul kyk op die TV. Wat jy nodig het om ‘n show of film te maak is in jou sak, of heeltemal bekombaar as jy net die films gaan maak. Hoeveel makliker gaan dit word? Gaan ons kinders hul lewens kan revisit in virtual reality solank hul dit afgeneem het?

Al wat ek weet is dat ek dink daar kom baie stront deur omdat almal dit kan doen, maar tussen die stront staan daar hier en daar so paar mense uit wat awesome goed doen. Elkeen het hul gehoor, jy moet net kies wie jy wil hê daardie gehoor moet wees, al is dit net familie en vriende. Dit is waarvoor YouTube se privacy settings is.

Het jy al YouTube videos gemaak? Drop ‘n link na jou YouTube channel of die channels wat jy aan subscribe in die comments.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *