Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Gooi R30 in die rigting van #Trek4Mandela

Wat is R30 vir jou? Genoeg geld om lunch te koop? Miskien genoeg om ‘n pakkie smokes te koop, as jy die cheap brands rook. Miskien klou jy aan jou R30 vir wanneer die gevaaalik.com eBook launch. Wat van jy gebruik jou R30 om ‘n goeie cause te ondersteun?

TREK4MANDELA Email Sig-02

#Trek4Mandela help #Caring4Girls

Ek is nie altyd die grootste fan van Suid-Afrika se selfoon-netwerke nie. Nou sit Vodacom hulle geld waar hulle bekke is deur hulle Chief Officer of Corporate Affairs, Maya Makanjee, te laat Kilimanjaro klim om te help geld insamel vir #Caring4Girls. Caring for girls doen iets vreeslik eenvoudig, maar ongelooflike nodig. Hulle verskaf sanitary products aan jong dames in Afrika wat skool mis as gevolg van iets so simpel soos hulle period.

Killimanjaro Kenya

As daar een ding is wat Afrika kort, is dit goeie opvoeding vir almal in Afrika. Jong meisies wat skool mis oor iets soos hulle period help nie om die jeug van Afrika ‘n behoorlike opvoeding te gee nie. Dus is hierdie ‘n projek wat nie net nodig is nie, maar ook baie sal help.

Jy kan R30 gee vir ‘n goeie cause deur “MAYA” te sms na 42513. R30 is miskien vir jou niks meer as ‘n pakkie smokes or twee biere by jou local nie, maar dit kan ‘n groot verskil maak. Dit sal jou ook laat goed voel, asof jy help, al is dit net ‘n klein bietjie. Ons almal kan begin help op die klein manier. So stuur jou sms en doen jou deel, ons het.

Hierdie post is ‘n pro bono jobbie wat ons gedoen het om die woord te help verspry en hopelik ‘n klein verskil te maak in die wêreld. Dankie vir jou ondersteuning en moerse dankie ook as jy jou R30 gegee het. Vir meer informasie oor #Trek4Mandela kan jy na hulle website gaan loer.

 

You may also like...

2 Responses

  1. Celeste says:

    Fantasties! ! Dadelik die knoppies gedruk.

  2. Ruan Stix Fourie says:

    @Celeste: Dit is great Celeste. Dankie dat jy ook ‘n verskil probeer maak!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *