Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

gevaaalik.comedy Podcast #63 – Hoe durf jy sê Afrikaners is zef?

Ek gaan sommer nou vir julle sê dat die week se intro bietjie langer is as normaalweg. AS jy dus een van die mense is wat gevaaalik.comedy Podcast luister en so gaan: “gevaaalik.comedy Podcast is die coolste Afrikaans podcast daar buite, maar ek wens Stix wil sy intro kort-knip.” In daardie geval kan jy net skip na 16 minute in en dan begin #63 – Hoe durf jy sê Afrikaners is zef?

Gevaaalik Podcast #63 - Hoe durf jy sê Afrikaners is zef

 

In die week se podcast praat ons oor sigarete en klein sigarette rook. Ons praat oor die Lions en Conor McGregor wat bietjie afgekom het grond toe, hoe dinge sou gaan op die aarde sonder plante, duik in die Maldeves en dames wat ons ontmoet het in Londen en die res van die UK.

Dankie dat jy luister na die gevaaalik.comedy Podcast. Jy is deel van min mense wat besef dat Afrikaans podcasts bestaan. Suid-Afrikaners is nog nie so clued up as dit kom by podcasts nie, jy is dus een van die slimmes.

Jy kan subscribe na die gevaaalik.comedy Podcast op iTunes. Jy kan ook Player FM gebruik op jou Android foon of tablet en dood eenvoudig net search vir gevaaalik.comedy Podcast en so ook die nuutste episode kry sodra hy beskikbaar is.

Die week se intro song: Willim Welsyn – Slakke op Hoëhakke. Jy kan Willim se musiek koop op sy website ook.

Die cover image is van Die Antwoord se ‘Baby’s on Fire’ music video.

*Niks wat in hierdie podcast gesê word moet ernstig opgeneem word nie. Name, karakters, besighede, organiesasies, plekke, gebeure en insidente is of die produk van die hosts se verbeelding of word denkbeeldig gebruik. Enige ooreenkomste tot regte mense, lewendig of dood, gebeure of plekke is heeltemal toevallig. Hierdie podcast is uitsluitlik vir vermaaklikhid gemaak.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *