Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

gevaaalik.com Wêreldspektrum: The Gambia

Ahooi daar.  Ek reken dis weer tyd vir ‘n bietjie gevaaalik.com Wêreldspektrum.  Hierdie week cover ons weer ‘n geheel en al random landjie:  The Gambia.  Nie “Gambia” nie, maar “The Gambia”.  The Gambia (seker Ghambië in Afrikaans, who cares) was ‘n Portugese en toe ‘n Britse kolonie en het onafhanklikheid gekry op 18 Februarie 1965.  Hulle het snaaks genoeg besluit om Britse norme en waardes te behou, en dit het nogals uitgewerk vir die Gambians.  Of is dit nou “Thegambians”?  Confusing.  Indien jy gewonder het waar The Gambia is, you’re in luck:

the-gambia-map

The Gambia is daai klein roomkleurige penis shape plekkie binne-in Senegal.

Die hoofstad van The Gambia is Banjul.  Dit klink suspiciously Muslim, maar moenie worry nie, geen selfmoordbommers hier nie.  Hulle like van toeriste.  The Gambia is deel van die Commonwealth of Nations as The Republic of The Gambia.  Dit het baie geklink soos die kak wat kwytgeraak word op Jacaranda FM op ‘n gereelde basis, jammer daaroor.  Die vlag lyk so:

GambiaFlag

The Gambia vlag. Dit lyk bietjie soos ‘n afsnit van ons vlag.

Alhoewel die lande rondom The Gambia relatief afgryslike plekke is volgens party mense (jy weet met kannibalisme, kinderprostitusie, massiewe hongersnood, genocide en dekade-lange oorloë en so aan), is The Gambia glo ‘n moerse nice plek.  Daar is ‘n rivier wat deur die middel van die hele land loop – The Gambia Rivier.  Daar is heelwat awesome plekke op die rivier, soos hierdie:

Gambia lodge

Gambia Lodge. Kick ass! Die outjie wat roei sing ongelukkig nie in Italiaans vir jou en jou goose nie, sorry.

Aangesien daar ‘n rivier deur die land hardloop en die klimaat ekwatoriaal van aard is, is die weer heeljaar mooi en die natuur die ene groen.  Daar is Sjimpansees en allerande ander wilde diere.  “Safari” soos die Yanks hom roep is dan natuurlik op die kaarte, so dit klink vir my of mens lekker daar sal kan kuier.  Dit is glo ook ‘n uitstekende plek om na voëls te kyk, as dit jou tipe ding is.

Tributaries

Tributaries in The Gambia vanuit ‘n vliegtuig. Lyk baie soos die Okavango Delta.

Gambia wildlife

Pragtige foto van The Gambia National Park.

chimpanzees-and-bonobos_1818_1

Sjimpansees in The Gambia. Chimps is daar nog so wild, hulle val vir die “Pull my finger” prank.

Pied-Kingfisher_1205001369_EJLandsberg

Pied Kingfisher.

violet-turaco-musophaga-violacea

Violet Turaco wat afshow.

The Gambia is omsingel deur Senegal, wat seker nie te great is nie.  Hulle het wel ‘n kuslyn aan die Weste en die strande het ‘n paar lekker resorts en watersportaktiwiteite.

Gambian-beach-011

Strande in The Gambia.

Resorts

Een van die resorts op The Gambia se strand.

Hulle het ook ‘n klomp steen “monoliths” wat deur UNESCO beskryf word as “the largest concentration of stone circles anywhere in the world”.  Dit lyk asof niemand regtig seker is wie dit gebou het nie, maar dit is verseker gebou deur ‘n vooruitstrewende civilization want dit het ‘n kakhuis vol arbeid geverg.  Die totale area wat dit beslaan (vanaf Senegal tot in The Gambia) is plus minus 30,000 vierkante kilometer.

senegambian_stone_circles_at_wassu_by_solrac1993-d621dfa

Van die Stone Circles in The Gambia, ook bekend as “The perpetual plains of penisses”

The Gambia lyk na ‘n lekker plek, en as ek die kans kry sal ek verseker ‘n draai gaan maak.  Indien jy dieselfde beplan, gebruik die land se grense as maatstaf asb.  Enjoy die video.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *