Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Gevaaalik Benaai Rugby Raai

Hier by gevaaalik.com het ons ‘n paar rugby kenners. Ouens wat weet van spelers. Ouens wat weet waar ‘n vlank in die span pas. Ouens wat spelers by die naam ken. Ouens wat om die braai kan praat oor rugby. Ouens wat ‘n beter job sal doen as wat Jake White gedoen het as dit kom by span kies. Ek is nie een van die ouens nie. Ek is seker daar is baie van julle wat soos ek is en baie van julle wat weet van rugby.

Ek speel Superbru want dit is lekker. Ek raai meeste van die tyd maar met die bietjie rugby kennis wat ek het wie gaan wen. Nou vir die eerste keer wil ons sien hoe die hele gevaaalik.com gang vaar op Superbru en dit sluit jou in.

As jy ons pool wil join vir die 2012 Super Rugby reeks, saam wil lag en die ouens wat swak raai spot dan kan jy join hier net die info hier onder volg. Laat weet al jou pelle, kom ons maak dit ‘n moerse pool. Dames is ook welkom.

Gaan na ons pool page: Gevaaalik Benaai Rugby Raai

Pool name: gevaaalik Benaai Rugby Raai
Pool code: vierboth

You may also like...

1 Response

  1. February 1, 2012

    […] het ons al 38 gevaaalike lede. As jy ook ons pool wil join kan jy al die info wat jy kort hier kry: Gevaaalik Benaai Rugby Raai. Dit gaan gevaaalik […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *