Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Floyd Mayweather vs. Conor McGregor – Wie gaan wen?

Almal en hul sussie het ‘n opinie oor Floyd Mayweather vs. Conor McGregor. Selfs 7de Laan-tannies (as jy as man 7de Laan kyk is jy ook ‘n tannie in my oë) wat nog nooit ‘n boksgeveg gekyk het nie, het ‘n opnie oor wie gaan wen en hoekom.

A post shared by AFRIKAANSEMEMES (@insoosgin) on

“Dude, daar is jare se boksgeskiedenis voor Floyd en hy is nie ‘n skaduwee op mense soos Jack Dempsey, Joe Louis, Rocky Marciano, Mike Tyseon ens ens ens nie. So as ek sê hy’s nie eens ‘n goeie bokser nie, bedoel ek dit in die historiese konteks van die sport.”

As jy dink Mayweather is nie ‘n goeie bokser nie, dan is jy onnosel

Daardie is kommentaar wat ek gekry het op Facebook oor Floyd Mayweather se boksvermoë. Die eerste probleem met daardie denkwyse is dat dit heavyweights probeer vergelyk met ‘n bokser wat nog nooit naby heavyweight geveg het nie. Nou, ek het nog nooit geboks nie, en ek het verseker nog nie elke boksgeveg ooit gekyk nie, maar ek volg combat sports (veral boks) al vandat ek klein is. As ek vir Floyd Mayweather wou vergelyk met ‘n ander bokser dan sou ek eerder die vergelyking tref met boksers soos Sugar Ray Leonard, Manny Pacquiao of Félix Trinidad, want darem het hulle al geveg in dieselfde gewigsklas as Floyd Mayweather.

Die fiet van die saak is Floyd Mayweather het ‘n professionele boksrekord van 49-0. Floyd het al teen 49 professionle boksers geveg, en hulle almal gewen. 26 van daardie wenne, kom van KOs, so moet asseblief ook nie kom met daardie “Floyd veg net vir punte, hy kan niemand uitslaan” kak nie.

Floyd Mayweather is loshande die beste defensive bokser wat daar nog ooit was en as jy wil maak asof hy nie ‘n goeie bokser is nie, dan gaan daar een van twee dinge aan: 1) Jy weet eintlik niks van boks nie, maar jy moet ‘n opinie oor alles hê, of 2) Jy is onnosel.

Kyk hierdie video hier onder as jy dink Floyd Mayweather is nie ‘n goeie bokser nie, en dan hou jy jou smoel.

https://youtu.be/orYBdp5ljS0

Conor McGregor – Die vuiste, die bek, die luck of the Irish

Conor McGregor het nog nie ‘n enkele professionele boksgeveg onder sy belt nie. Ja, hy is ‘n MMA meester, maar MMA is nie boks nie. McGregor is baie afhanklik van sy skoppe om teenstanders op ‘n afstand te hou in MMA. In boks kan jy nie skop nie. Wat McGregor wel het is belaglike stopping power, baie goeie tegniek en ongelooflike akuraatheid.

Conor McGregor se krag kan nie geïgnoreer word nie. Daardie linker hand van hom het al baie taai ouens se knieë laat vou en nie enige ouens nie, MMA ouens wat naaitaai is. Conor se boks tegniek is ook glad nie sleg nie, al is daar nou baie dommies wat aangaan oor hoe sleg hy boks nadat hulle 20-30 sekonde videos gesien het uit ‘n 12 rondte sparring session. Een ding kan jy verseker weet: Conor McGregor kan verseker vir Floyd Mayweather uitslaan. McGregor het ‘n punchers chance, en hy slaan hard. As Floyd ‘n fout maak is Conor die man wat die gap sal kan vat.

Dan het McGregor ook natuurlik daardie bek van hom. Hy is die meester van sy fights verkoop en sy boksgeveg met Floyd is nie anders nie. Saam met die verkoop van die fights, kruip Conor ook in die kop in van sy opponente. Hy speel mind games beter as enige ander vegter, en dit speel ook ‘n groot rol. Miskien kom die luck of the Irish deur vir McGregor, juis omdat hy met Mayweather se kop smokkel.

Wie gaan wen?

Op pappier wil dit voorkom of die Floyd se fight gaan wees. Tog, is Mayweather al 39 en ouderdom affekteer verseker goed soos reaksie tyd, spoed ens. McGregor aan die ander kant is in sy prime en het hierdie fight op die beste tyd in sy loopbaan gekry. Hierdie is wel ‘n boksgeveg, en dit is Mayweather se ring.

Ek is nie dom genoeg om Nostradamus te probeer speel oor ‘n fight wat oor 6 dae gebeur nie. Ek kies ook nie kante nie. Ek wil nie vir Floyd sien verloor net omdat hy die beste is nie. Ek wil nie vir McGregor sien wen net oor dit hom die grootste sportster in die wêreld sal maak nie. Ek wil vir Mayweather sien wen, en 50-0 aftree. Ek wil ‘n goeie fight sien, en jare later wanneer my laatjie eendag praat oor Mayweather vs. McGregor wil ek kan terug dink aan die dag toe ek die fight gekyk het. Die grootste, mees bespreekde boksgeveg van alle tye, dit is wat ek wil sien.

Ek sal wen, bloot as ek nog lewe om Sondagoggend hierdie fight te kan kyk, maak nie saak of Mayweather of McGregor wen nie.

Wat dink jy? Los ‘n comment en laat weet my.

You may also like...

2 Responses

  1. Ruan says:

    Jou “article” op die onderwerp is brilliant broer… Ek kon nie meer met jou saam stem nie… Jyt hom in die kol soos n honger man en n skaap se poephol… Eks moerse excited vir die match en gaan hom ook live kyk… Al is dit kont vroeg

  1. August 23, 2017

    […] Maak nie saak wat jou opinie is oor Floyd Mayweather vs. Conor McGregor nie, almal praat daaroor. Maak nie saak wat in die fight gebeur nie, Conor en Floyd (meer Conor) het hul job gedoen en die fight verkoop. Daar word gepraat van deur nag kuiers sodat almal saam die fight kan kyk: “Die vrouens en kinders kan gaan lê, ons kuier deur tot 04:00 en kyk saam die fight.” […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *