Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

EKSKLUSIEF: Faf de Klerk se onderbroek praat oor mishandeling

Ek het nooit hiervoor gevra nie. Wie sou daarvoor vra? Ek was opsoek na ‘n groot, sterk en aantreklike man. Die vollen “package”, if you know what I mean. Toe kry ek een klein mannetjie sindroom, teen my wil.”

Faf de Klerk Onderbroek

Teen die tyd het almal al die onderbroek gesien. Tien teen een net soos prins Harry, nie omdat jy wou die onderbroek sien nie, maar eerder omdat dit op jou geforseer is. Soos ‘n poep in ‘n vliegtuig is dit iets wat niemand voor vra nie. En nou, vir die eerste keer het Faf de Klerk se onderbroek uitgekom om haar hartseer storie van mishandeling te deel.

“Ek was ‘n onderbroek net soos enige ander onderbroek in SA: Made in China.” vertel Onderbroekie met trane in haar oë.

Sy is ‘n klein onderbroek, letterlik ‘n small. Glad nie intimiderend of voorbarig nie. Stil, terug getrokke en duidelik getraumatiseer. “Ek was nie altyd so nie. Ek was jonk, gelukkig en vol hoop. Al wat ek wou gehad het is ‘n gelukkige lewe. Nou weet ek nie of en ooit daardie goed sal kry nie.”

Die storie agter Faf de Klerk se onderbroek

“Ek is ingevoer van China af in 2018. Ek het gebly op OR Thambo in een van daardie winkels waar net dom toeriste goed koop teen uitspattige duur pryse. Ek is niks fancy nie. Net ‘n onnie gemaak van polyester en katoen. Toe, eendag loop Faf de Klerk in die winkel waar ek bly in.” die trane begin weer van voor af rol vir Onderbroekie.

“Ek het hom nie dadelik gesien nie. Hy het glad nie bo die rakke in die winkel uitgesteek nie. Ek het net die gebroke Engels gehoor met ‘n dik Afrikaanse aksent. Ek en my vriendin G-string het hard probeer om ons lag in te hou oor die ou wat duidelik nie Engels behoorlik kan praat nie.”

Voor Onderbroekie haar oë kon uitvee word sy geweldadig in ‘n papiersak gedruk. Faf de Klerk het glo vir Onderbroek gekoop as ‘n grap. “Dit is hoe ons verhouding begin het. Ek was ‘n grap vir sy spanmaats en vir hom.”

Die eerste dag was glo nie die ergste nie. Toe Faf vir onderbroek die eerste keer aantrek was dit net nadat sy ma hom gebad het. “Dit was glad nie wat ek wou gehad het nie. DIe pakkie teen wie ek gedruk was, was klein maar darem skoon.”

Sweet, pis en trane

Toe, eendag, laai Faf se ma hom by sy rugby oefening af. Onderbroek was in sy toksak. Sy was onder die indruk dat hy haar net weer saam neem sodat hy en sy spanmaats vir haar kan lag en met haar kan spot. “Toe trek hy my aan voor die oefening begin.” Onderbroek krimp sommer soos sy die eerste ware mishandeling herleef.

“Hulle noem hom “Giant Slayer” maar al giants wat hy slay is my groot drome wat ek gehad het.”

Van hier af het dinge stelselmatig net erger geword. Faf het meer vir onderbroek begin gebruik as ‘n vloerlap, eerder as vir ‘n grap. Soms sou daar dae verby gaan waar hy nie laat sy ma hom bad nie. Dit was apris sodat hy vir onderbroek kon aan sy vuil lyf trek.

“Mens sal dink sweterige ballas is die ergste, maar gelukkig het hy nie veel in daardie departement nie. Die ergste by ver is dat hy elke keer gaan pis en dan aspris nie afskud nie voor hy homself weer in my druk.”

Na die Wêreldbeker finaal in Japan het dinge net erger geraak. “Julle almal het gesien hoe verneder hy my voor Prins Harry. Jy kan in die foto’s sien hoe ek bloos. Die was wreed en het verseker ‘n emosionele knou gelaat.”

Faf de Klerk maak geld uit Onderbroek

Skielik word Onderbroek as ‘n toneelstuk gebruik in fotosessies. “Hy het baie geld gemaak opmy rug, en alles sonder dat ek ‘n sent van daardie geld gesien het.” Onderbroek laat ‘n lang sug uit: “Dit is hoekom ek nou hierdie storie wil publiek maak. Ek soek ook my Huisgenoot-geld.”

Wat is volgende vir Faf de Klerk Onderbroek?

“Ek wil net my lewe terug hê. Ek wil weer hoop hê.”

Huisgenoot-geld is nie die enigste rede hoekom Onderbroek haar verhaal publiek gemaak het nie. “Ek wil net voorkom dat wat met my gebeur het nie gebeur met enige ander onderklere nie.”

You may also like...

1 Response

  1. Mr.B says:

    ons worry nie oor faf se onderbroek se gevoelins nie. ons soek vrouens in hulle onderklere

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *