Deprecated: trim(): Passing null to parameter #1 ($string) of type string is deprecated in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/wordpress-seo/src/presenters/open-graph/image-presenter.php on line 102

Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Dit is weer tyd vir We Are One Festival

In Maart het ek een van die coolste festivals wat ek al by was bygewoon, die We Are One Festival. Dit was ‘n awesome dag en nou is die festival terug en die keer groter. Ja,  in November van die jaar vir Johannesburg en Maart 2014 vir Kaapstad, kry ons die kans om weer die awesome van die We Are One Festival te beleef.

Event organiseerders, Seed Experiences, het gesorg dat Kaapstad en Jahannesburg se We Are One Festivals by dieselfde venues gehou word as die vorige keer, so jy kan seker wees dit gaan weer awesome wees. Kaapstad se festival gebeur by die Grand Parade in die middel van die stad en Johannesburg gaan weer Emmerentia Dam soos ‘n reënboog laat lyk.

We Are One Festival

Kaartjies is nou al te koop en as jy die jaar wil deel wees van die pret moet jy spring. Laas jaar het Kaapstad se kaartjies ‘n week voor die festival uit verkoop en Johannesburg se kaartjies was al ‘n maand voor die tyd uitverkoop. Die goeie nuus is dat Seed Experiences gaaf genoeg was om die prys vir die kaartjies dieselfde te hou as vir die vorige We Are One Festival.

We Are One Festival is die original en eerste in Suid-Afrika

Omdat demand so groot was gaan die We Are One Festival die keer groter wees as van te vore. Daar is ‘n great line-up van local en international acts wat binnekort aangekondig sal word wat die heel dag lank die tunes gaan speel. Daar is al ‘n hele paar copies van die We Are One Festival gewees, maar die original bly altyd die beste.

“Like all Seed Experiences events, WE ARE ONE has set the standard as the original EDM colour festival in South Africa. People who attend WE ARE ONE know they are part of the first colour festival of its kind in the country and they know they can again expect a world-class event, the best line-up, and an overall amazing experience. This is clear from our sell-out shows in 2013,” says Brian Little, Managing Director of Seed Experiences. “We’ll leave all other colour festivals in our colour powder trail!”

Die poeiers wat gebruik word by We Are One is enviromentally friendly en non-toxic. Net nog ‘n rede hoekom die original colour festival die beste is.

Jy kan nou jou kaartjies koop deur Webtickets. Kaapstad tickets kan hier gekoop word en Johannesburg kaartjies kan hier gekoop word. As jy wil deel wees van die awesome event, kry jou kaartjies nou. Dit is R190 vir ‘n kaartjie of R290 vir ‘n kaartjie met 5 kleure poeiers by. Vir meer info loer gerus na die We Are One Facebook page vir Kaapstad of die We Are One Facebook page vir Johannesburg, of jy kan @WeAreOneSA volg op Twitter.

Hier is so klein voorsmakie van wat jy kan verwag deur ons vriende Blimp Films. Sien jou daar!

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *