Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Die ding van ‘n Afrikaans t-shirt, of is dit hemp?

Daar is ‘n snaakse ding wat gebeur as jy iets probeer maak. Dit begin as ‘n knoop in jou maag. Nie ‘n fisiese pyn nie, maar ‘n aanhoudende knaag geluid wat kom van ‘n stem wat kou aan die deel van jou nek waar jou rugstring brein word. Die rede hoekom jy nie ‘n episode van The Witcher kan klaar kyk sonder om dit dink dat jy iets meer produktief kan doen met jou tyd. Vir my was dit die idee om meer Afrikaans t-shirts (ek klink soos fokken Riaan op Jakaranda FM) deel te maak van my reeks op komedie.co.za.

Afrikaanse hemde is nie oorspronklik nie

Maak nie saak wat jy maak nie, daar gaan altyd iemand wees wat gal wil braak oor dit. In my geval maak ek hemde wat ek sal wil dra. As positiewe kommentaar op jou werk die branderplank is waarop jy ry, dan is negatiewe kommentaar doe golf wat jy op ry met jou branderplank. Die inspirasie van my hemde het ‘n kenmerkende groen skynsel. Asof die son deur die boom-bos skyn terwyl jy op kyk deur die blare en ‘n trek vat van jou joint.

Kalm soos ‘n daggawalm

‘n Afrikaanse gesegde so oud soos die taal self. ‘n Gesegde wat ek nog altyd baie geniet omdat ek weet dat die Afrikaner se houding teenoor dagga vir ‘n lang tyd alles behalwe kalm was. Kalm soos ‘n daggawalm lok nie meer regtig die kontroversiële reaksie wat dit het nie. My ouma sal so hemp dra. Die brander wat hierdie hemp dra is die feit dat die hemp “oorspronklikheid” kort. So asof jy elke dag iemand met die gesegde op ‘n hemp sien.

Afrikaans t-shirts, want dis hoe ek rol

Ek is nie ‘n designer nie. Om die woorde “kalm soos ‘n daggawalm” interesant te laat lyk is iets waarvoor ek ‘n designer maar betaal het. ‘n Vriend was die inspirasie agter die “Gevaaalik” ontwerpe: “Dude, jy moet ‘n hemp maak met die woord gevaaalik op.”

Hier is sommer vir jou drie gevaaalikes

Die “Klaar gepraat” ontwerp het ek ook self gedoen. Nog iets wat ek nog altyd op ‘n Afrikaanse t-shirt wil sien. Die “Dis hoe ek rol” hemp kom van ‘n gesprek tussen my en Kobus Galloway, en in minder as 30 minute maak hy sommer daardie ontwerp ook.

Launch ‘n nuwe reeks Afrikaanse t-shirts

Dit het alles baie langer gevat as wat ek gedink het dit sal. Ek het al begin werk aan hierdie in Oktober 2019. DIe plan was om die hemde op komedie.co.za te verkoop vanaf 1 Februarie 2020. Nou is dit een dag weg van 1 Maart 2020. Emails is oor en weer gestuur soos posduiwe op die brink van ‘n psychological breakdown asgevolg van ‘n kombinasie van uitputting, en drank en dwelmmisbruik. Fyner aspekte raak weg in die eter van die internet. Hier en daar word stukkie gekry uit die dieptes en aanmekaar geplak met spoeg. Moeilik om spog te maak as jy bek so droog is van al die boom rook.

In elk geval, ek hoor te veel oningeligte souties wat preek oor die Afrikaans, die dooie taal. En aangesien meer mense Google vir “Afrikaans t-shirt” as vir “Afrikaanse t-hemp” wil dit vir my voorkom of dit die souties en die Afrikaners buite SA is wat meestal soek vir “cool Afrikaans t-shirts”. Kan jy nie die dik Amerikaanse aksent hoor hardop skree: “Funny Afrikaans t-shit man. Oh my God.”

Dankie vir die van julle wat die hemde koop. Julle help om die gevaaalik.com bol aan die rol te hou. Ek is bly jy hou van die hemde wat ek gemaak het omdat ek daardie hemde wil dra.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *