Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Dagga kan Suid-Afrika help

Hierdie post is geskryf deur Marleen Theunissen

Vir die eerste keer in die geskiedenis waarvan ons weet, het al die sigaretrokers en harde drinkers gevoel hoe dit voel om ‘n stoner te wees. Al wat daggaroker is het in hul mou gelag toe die rokers en drinkers kla oor hoe onveilig (en duur, hahaha!) dit is om nou hulle daily fix in die hande te kry. Ironies dat die klagtes gaan oor die onveiligheid van die swart mark – niemand kla hoe moeilik dit is om in lockdown op te hou rook nie. Omdat die ironie nog in ‘n goeie bui was ook, was dagga wettig terwyl sigarette en drank onwettig was. Wat ‘n tyd om te leef!

Buiten al die gelag, het daggarokers ook maar begin wonder – sien die parlament dan dat ons plant nie so erg is nie? Is ons nou amper klaar baklei? Is ons reg vir die nuwe, hoë (as jy dan nou wil) pad vorentoe? Die kort antwoord is: Ons weet nie rerig nie. En hulle ook nie. Ons is pretty sure dat die goewerment nie reg nou veel gespin is oor dagga moets en moenies nie. Maar die goeie nuus is dat Fields of Green for ALL is.

Cannabis Can help South Africa Campaign

Fields of Green for ALL is die mense wat die harde werk doen terwyl meeste van ons gemaklik (na September 2018, anyway) sit en ons boom by die huis rook. Dis die mense wat met al die experts gepraat het wat alles van alles van dagga weet, en toe ‘n guideline gaan opstel het vir die parlament van hoe dagga reguleer moet word in SA om dit fair vir almal te maak. Dis nogal ‘n indrukwekkende dokument en hulle het aan omtrent alles gedink.

Saam met die Manifesto wil hulle vir die president aan die einde van die maand ‘n brief gee en hulle petisie, waaraan hulle al jare werk. Die petisie vra dat die plant weer re-legalise sal word sodat almal kan baatvind. As jy dit nog nie geteken het nie, gaan doen dit eers, ons sal wag.

So, die hele maand van Junie, stoot FGA hulle #CannabisCanHelpSouthAfrica campaign en die FGA team gaan hulle bes probeer om almal bewus te maak van wat hulle probeer doen, hoekom hulle dit doen en op die uiteinde vir jou hulp te vra. Want ons almal weet: Dagga kan Suid-Afrika help. Veral nou, wanneer soveel mense hulle werk verloor het na Covid.

As jy ‘n daggaroker is wat:

  • jou eie boom in jou eie huis of tuin groei (of wil);
  • jou eie boom rook;
  • iemand anders se boom rook;
  • ‘n dagga-olie vir jou artritis gebruik;
  • lief is vir space cakes;
  • sal like om ‘n huis van hemp-crete te hé;
  • hou van jou privaatheid;
  • hou van Random Gevaaalikhede of
  • dink dat ‘n eenvoudige plant nie al die fuss werd is nie

maak seker dat jy Fields of Green for ALL se #CannabisCanHelpSouthAfrica campaign ondersteun. Hou hulle website en social media (Facebook; Twitter; Instagram) dop om te sien hoe jy kan help om dagga te laat help!

Jy kan help om dagga te laat help

Doen jou deel, en deel die campaign op jou social media. Hierdie “Digital Street Team Pack” het al die images sodat jy dit op Facebook, Instagram, Instagram stories en Twitter kan gaan post!

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *