Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Candice Boucher nie in Playboy SA

Candice Boucher

Die Suid-Afrikaanse model Candice Boucher voel nie gemaklik daarmee om in Playboy te verskyn nie, berig News24. Dis nou die Suid-Afrikaanse uitgawe van Playboy, om meer spesifiek te wees. In April 2010 het Boucher ‘n huge shoot aan die Yanks se Playboy toegestaan, en aanvanklik wou Playboy SA haar gebruik as cover girl vir die Augustus uitgawe van die local mag.

Nadat Boucher se agent hiervan in kennis gestel is deur die tydskrif, het sy egter laat weet sy voel nie gemaklik daarmee dat hierdie spesifieke stel foto’s locally die lig sien nie. Dit is veral weird aangesien dit in ‘n African setting geskiet is. Op party plekke trippel sy so ewe gevaaalik naby leeus, olifante en lewensbedreigende skerp rotse, en lê sy op ‘n stadium in wat lyk na ‘n ongemaklike toonopfokker-klipstort.

Wanneer iets egter eers op die internet is, kan almal daarin deel – iets waaroor Rebecca Black en die wêreld se grootste virgin sal kan getuig. En die foto’s van die April 2010 Yank Playboy shoot met Candice Boucher sal nie ‘n Yank secret bly nie.

Soos al ons lesers seker al teen hierdie tyd verwag, laat gevaaalik.com nie ‘n saak net daar nie. Nee.

© Playboy

Aangesien ons weet dat meeste van ons lesers ‘n draai gooi op gevaaalik.com terwyl hulle sit en pitte verdien, sal ons môreoggend nog ‘n paar foto’s van hierdie shoot laai. Die paar van julle wat vanaand lees gaan maar moet vasbyt. Of self soek. Either way sal jy dit hier kan vind as jy maxims soos “early bird catches the worm” gebruik, of as jy vroeg opstaan spesiaal daarvoor.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *