Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Brakpan vrou met 12 seuns

‘n Groot Kurt Darren fan uit Brakpan, vertel ‘n vreemdeling wat sy op straat ontmoet dat sy 12 jong seuntjies het.

“Genade 12 seuntjies? Hoe het jy gedink aan name vir al 12?” Wil die vreemdeling weet

“Dit was maklik gewees, ek het hulle almal net Koos genoem.” Sê die Brakpan dame heel trots op haarself

“12 seuns wat elke een die naam Koos het? Wat as jy een van hulle wil roep?” vra die vreemdeling

“Ag ek skree net Koos dan kom al 12 aan gehol en dan vat ek dit verder van daar af.” verduidelik die Brakpan dame

“Nooit nie. En wat as jy met net een van jou seuns ‘n woordjie wil spreek en nie wil hê al 12 moet op jou af storm wanner jy Koos roep nie?” Wil die vreedeling weet

“Ag dit is maklik, dan roep ek net die een wat ek soek op sy van, wat sy pa se van is!” Verklaar die Brakpan vrou weer trots op haarself.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *