Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

BENAAI RUGBY RAAI

Jis jis julle rakkers!  Dit is weer amper daai betowerende tyd van die jaar.  Die beste rugby in die wereld word gespeel in die vorm van… wag vir dit… DIE SUPER 15!!!  En gevaaalik.com gaan ‘n BENAAI RUGBY RAAI hou om die kompetisie ‘n bietjie van ‘n twist te gee.  ‘n Twist wat jou dalk vir jou ‘n paar skille kan beteken.

Hier is die deal:  Inskrywingsgeld is R100 per persoon.  Jy mag ‘n onbeperkte hoeveelheid profiles he.  Die prysgeld sal bereken word sodra al die entries ontvang is.  Sluitingsdatum vir entries is Maandag 7 Februarie 2011.  Die prysgeld sal straight gesplit word in ‘n bepaalde verhouding en daar sal pryse wees vir die top 5 aan die einde van die toernooi.  Sluitingsdatum vir inbetaal van jou R100 is 28 Februarie 2011.

Elke persoon wie ingeskryf is, gaan weekliks ‘n epos ontvang wat die volgende week se wedstryde, log standings asook gevaaalik log standings uiteensit.  Jy stuur dan die spreadsheet (of spreivoorvel) terug aan ons en hou duim vas.

Die wenners sal bekendgemaak word op Vrydag die 15de Julie 2011.  Die 1ste plek wenner sal ‘n “all expenses paid holiday” wen na Prague vir 4 mense…  Nee ek fok met julle.  Die wenner kry sy prysgeld en ‘n bottel brannewyn van die gevaalik.com dudes, net omdat ons julle so ietwat smaak.

Indien die belangstelling in die kompetisie van ‘n sekere aard en gehalte is, gaan ons ‘n BENAAI KRIEKET RAAI en ‘n BENAAI RWC RAAI ook hou.

Comment op hierdie post indien jy sou belangstel.  Ons kort jou naam, epos adres, en in watter van die 3 kompetisies jy belangstel.

You may also like...

7 Responses

  1. legend de beer says:

    Duan de beer . ePOS duandebeer@vodamail.co.za

    benaai naai,benaai swaai,benaai krieket.

    kom laat ons benaai………….

  2. Carnand Myburg says:

    Ek’s in

  3. Hein Stighling says:

    Sit my naam op.

  4. Gerhard says:

    Soos Gin

  5. Baas says:

    ek wil ook in wees samblief

  6. Pierre says:

    Ek’s in…

  7. Pistol AKA PaalPiel says:

    Ek is in

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *