Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Wolvemobile, die Batmobile van Snordorp

Kyk, as jy al ‘n poezef ride in jou bestaan gewaar het gaan hierdie jou opnuut laat wonder waddefok aangaan met die samelewing.

Enter the Wolvemobile!

Vanuit die buik van Lucifer het hierdie turf jet met ‘n brullende lawaai geskiet soos die 1300cc vuurpyl wat hy is. Die produk van ‘n ooraktiewe verbeelding en dubbele dosis poezef is ‘n aanskoulike figuur van motorvoertuig belaglikheid. En om alles te kroon, is die trotse bestuurder/wolftemmer boonop ‘n tjerrie. Dis reg, die skoner geslag in dele van Snordorp spog met ghries onder die vingernaels, blink sierwiele, oorgrote uitlaatpype en ‘n bek so vuil soos Germiston.

Ja nee, hierdie wa is gevaaaliker as meeste daar buite op die pad en die hoeveelheid tyd en geld wat duidelik in die projek bele is is verstommend. Uit vrye wil en keuse is ‘n standaard Corsa Lite verander in ‘n ondier van die pad. Sowaar ‘n voertuig waarop die rapper Xzibit sal trots wees, pimped to the max ekse. Posduif in Nellies se mond sou water, maar eers nadat Wolverine se 6×9’s die Stamp treffers begin pomp het.
Vermy die paaie waneer dit volmaaan is, of hierdie Wolverine mag jou onkant betrap


peAce OUT+

You may also like...

8 Responses

  1. NCJackal says:

    Wag wag…. So, n meisie het geld betaal om haar kar so kak te laat lyk?? Regtig??

  2. Frank Botha says:

    Nog iets van Watkykjy af.

  3. Stix says:

    Hey Frank, dankie dat jy so gelowig aanhou om gevaaalik.com te besoek. Het jy geweet dat blogs gereeld goed post wat miskien al op ander blogs was en dit is wat die goed populêr maak. Populêr dit is ‘n woord wat gebruik word as mense van jou site hou, dit is ook ‘n woord wat jy nooit sal kan gebruik om jou blog te beskryf nie.

    Griffin het nou die dag ‘n video gepost wat al ‘n hele paar maande terug op gevaaalik.com was. http://x5s.c11.mytemp.website/drop-zone-se-teels-sal-dit-nooit-hou-nie . Gaan kyk na daardie datum ou grote. Gelukkig weet ons dat Griffin nie omgee as daar so nou en dan goed hier verskyn wat moontlik al op WatKykJy was nie, want hy is nie so sad poesbek soos jy nie.

    Dankie dat jy aanhou om ons te support op jou eie special (mentally challenged of retarded) manier. jy is ‘n ster in ons boekies.

  4. bloues says:

    verwag sulke goed van opel bestuurders.. Frank ry seker ook ‘n opel
    dom poes

  5. DieMBeen says:

    Is Frankie NOGSTEEDS hier?

  6. Ant says:

    FB, daai foto’s is deur gevaaalik.com self geneem. So tensy Watsuigjy presies dieselfde voertuig in die verlede gewaar het, is jou bewering ongegrond.

    Groete.

  7. Kopbeen says:

    Frankie se gat.

  8. Joe says:

    O ja, Frank, ek wou net laat weet ons het die link na jou tos website verwyder. Mense sal nie meer op jou naam kan klik en dan na jou fokken lelike kak-website gesleep word nie. Ons het dit beskou as ons plig om 1) jou cheap trick om meer hits op jou site te kry in die wiele te ry (jissis, ek is ‘n fokken rymelaar!) en 2) ander mense wat die interweb gebruik te beskerm van kak websites soos joune. Dit is net te veel kak om op een slag in te neem. Lelike dansende tweelinge, hordes vieslike advertensies wat lyk asof hulle met Paint en Microsoft Word se WordArt geskep is, en selfs ‘n top 10 van kommin Afrikaanse music videos. Nee fok, dit is geen wonder jou website kry min besoekers nie.

    En om hemelsnaam doen iets aan die highlights in jou hare. Bra, dis fokken 90’s. Sit een van Petro se kak hoede op.

    Groete.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *