Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Jurie Els grens vir verkeerde redes

Jurie Els (Of soos Robbies Klay hom ken: Oom Jurie) is aan die grens oor CD winkels nie meer sy CDs wil verkoop nie. Dit is eerlikwaar ‘n hartseer saak vir Jurie. Ek self het die perd al sien sy CDs try smous by ‘n winkelsentrum in Pretoria. Blykbaar wil die winkels nie die nuutste “Wenner” (sien jy wat ek daar gedoen het) verkoop nie oor die hele Robbies Klay debakel Jurie se naam soveel skade aan gedoen het.

“Ek het my plek in die mark verloor as gevolg van Robbie Klay se leuens en al die negatiewe publisiteit rondom dit.” het Jurie aan sy volle 107 fans op Facebook gegrens. Ek het nuus vir jou Jurie, die mense koop nie jou CD’s nie oor dit kak musiek is, nie oor jy met Robbies se tollie try speel het nie. Robbies Klay sit tien teen een nou en giggel in sy mou maar ek sou eerder my bek hou as ek hy was, dis nie asof hy die bank breek oor hoeveel mense sy CDs koop nie.

Ons denke is met Jurie wat tans in Nieu-Seeland sit, hy gaan seker een minder wêreldbeker rugby wedstryd moet kyk oor sy finansies so in die knyp is, aangesien niemand sy CDs wil koop nie. Ek maak officially ‘n offer om al die CDs by Jurie te koop teen R10 (meer as wat hy ooit daarvoor iewers anders sal kry) en dan is julle almal genooi na die bonfire. Wie weet Robbies Klay mag selfs ‘n draai kom maak.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *