Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Wat kos die gemiddelde gaming PC in SA?

Jare terug het ek met die hulp van ‘n vriend vir myself ‘n PC gebou, meestal om series te kan kyk en op daardie stadium Call of Duty Modern Warfare te kan LAN. Maar wanneer dit kom by PCs bou is ek nie moerse slim nie, en dus het ek geskuif na die Xbox toe.

Wat as ek nou weer ‘n gaming PC wil hê?

Ek het onlangs weer begin dink aan ‘n gaming PC kry. Ek wil graag weer bietjie die akuraatheid van ‘n muis en keyboard ‘n go gee. PUBG en so paar ander games

Maar waar begin ek?

Ek het weer begin naforsing doen, en het baie vinnig besef dat ek nou nog minder weet as die jare toe ek my eerste PC gebou het. Gelukkig kan die internet help, en my eerste vraag was hoeveel geld ek gaan moet hê om ‘n mid level PC te bou. Dit is toe dat ek op die Steam Hardware Survey afkom.

Wat kos die gemiddelde gaming PC in SA?

Ek het die gekyk na wat die populêrste components was en toe Evetech se website gebruik om pryse te kry vir elke part. Ongelukkig cover die Steam Survey nie power supplies of motherboards nie. Vir die motherboard het ek maar net seker gemaak ek kies een wat sal werk met die CPU. Dus het ek ‘n prys gekry vir ‘n CPU, graphics card, motherboard, RAM, Hard Drive, power supply en die rekenaar tower of kas waarin alles aanmekaar gesit word.

Ek weet nie eers of hierdie PC sal werk as ek hom bou nie, so moet asseblief nie my woord daarvoor vat nie. Praat met ‘n pro as jy ‘n gaming PC wil bou. Ek is seker die mense by Evetech sal jou graag help.

Komponenet Prys
Intel Core i3-8100 R1,899
MSI GeForce GTX 1060 3GB Dual Fan R3,299
HyperX Fury 4GB DDR4 2133MHz RAM x2 R599 x2
MSI Z370-A PRO Intel Motherboard R2,299
Western Digital 1TB Hard Drive R649
Antec VP500P 500W R599
Raidmax Vortex V4 Chassis R499
Totale Prys R10,442

Daar het jy dit. Terwyl ek op Evetech se site gekrap het, ontdek ek toe hulle budget gaming PC page, en sien daar ‘n Gaming PC vir R9,999. Ek gaan net raai, maar ek sou skat dat daardie nie net goedkoper is as my build nie, maar ook tien teen een beter.

*Pryse mag dalk verander het sedert ek die geskryf het. As jy enige van die components gelys hier koop en jy is nie gelukkig daarmee nie is dit jou saak. Ek vat geen verantwoordelikheid vir enige persoon wat my advies volg as dit kom by iets waarvan ek baie min weet nie.

You may also like...

4 Responses

  1. Jannie says:

    Ek sou se vir gaming moet mens nie onder n Intel Core i5 kyk nie en jy moet verseker kyk na ten minste n 120gb SSD maar verkieslik n 256gb SSD waar jy jou windows op run en dan die games wat jy die beste performance op wil he.

  2. Francois says:

    Nee man… n core i3 gaan jou frustrate!! 500w power supply gaan ook geld mors wees. 256GB solid state drive met n 1TB drive. Win 10 Pro

  3. Ruan Stix Fourie says:

    @Jannie: Ek stem, SSD is the way to go, maar ek het gewerk op wat die average gamer se PC in SA volgens die Steam Hardware survey is. Meeste het normale disk drives. Ek vermoed dit is oor mense probeer bucks spaar. En ja, ek sal ook veel eerder gaan vir ‘n i5 of i7, maar eintlik like ek AMD.

  4. Ruan Stix Fourie says:

    @Francois: Ja feite dude, ek stem 100% saam, maar onthou ek het parte gekies hier based op wat die average ou in SA het volgens die Steam Hardware survey. Ook, as jy so goedkoop as moontlik mee try wegkom, dan gaan jy so R500 hier en daar probeer spaar, dus die 500W, die i3 en ‘n disk drive.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *