Deprecated: trim(): Passing null to parameter #1 ($string) of type string is deprecated in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/wordpress-seo/src/presenters/open-graph/image-presenter.php on line 102

Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Wat is kuns? Wat is ‘n kunstenaar?

Wat is kuns? Wat is ‘n kunstenaar? Ek teken al vandat ek kan onthou. Teken is iets wat ek baie gedoen het as kind, minder gedoen het in my twintigs, en meer begin doen het op 35.

Al waardeer ek kuns, rol ek steeds my oë soms wanneer mense na hulselfverwys as ‘n “kunstenaar”. Wanneer ek druf myself ‘n kunstenaar noem, rol my oë so hard terug in my kop dat ek ‘n hoofpyn kry. Kan jy jouself vir ‘n oomblik verbeel dat jy so iets sal lees soos “South African Artist Stix

Vir alle praktiese doeleindes is ek nie ‘n kunstenaar nie. Ek het wel al van my skeppings verkoop, vir geld. En tog is die idee van iemand wat betaal vir my kuns steeds vir my vreemd. Ek kan wel emosies uitlok met my kuns, en ek het selfs al goed geskep wat ander inspireer het.

Maar ek noem myself nie ‘n kunstenaar nie. My selfbeeld is miskien geskend genoeg dat ek mooi sal pas tussen ander kunstenaars. Ek is net persoonlik nie voorbarig genoeg om myself ‘n kunstenaar te noem nie. Vir my is die kuns wat ek self geniet nog altyd ‘n “package deal”. Ek hou van Marilyn Manson, Slipknot, Run the Jewels, Tool en selfs Poppy, nie net oor die musiek nie, maar ook oor die visuele aspek. Die beelde, nee imagery is ‘n beter woord, is deel van die kuns. Slipknot is nie net die brutale musiek nie, en daar is baie meer gedagte wat in hulle kuns in gaan as net die musiek. Poppy is nie net ‘n YouTube kanaal of musikant nie, sy is ‘n hele ding. ‘n Idee wat bestaan uit verskillende goed wat sy skep or help skep.

Op die ou einde is dit wat ek dink kuns is: Iets wat ‘n gevoel probeer oproep en uitdruk op enige manier wat ‘n ander lewende wese dit dalk kan ervaar. Kuns is iets wat jy kan hoor, sien, of voel, wat jou laat dink: hoekom, waarvoor, en die belangrikste gedagte, ek kan/wil ook.

Die beste tipe kuns is die kuns wat veroorsaak dat ek self wil skep. Amy Schumer is miskien die onkreatiefste komediant wat bestaan, maar as ek enige van haar gesteelde grappe hoor dan wil ek grappe skryf oor ek weet ek kan dit beter doen. En daarom is selfs wat Amy Schumer doen kuns. Tool het ontstaan omdat Maynard James Keenan vir ander bands wou wys hoe dit gedoen kan word. ‘n Chip op die skouer is nogsteeds een van die beste dryfkragte vir kreatiwiteit.

Ek kan myself nie ‘n kunstenaar noem nie. Ek het nog altyd ‘n probleem met labels. Noem my een of ander tyd ‘n “Afrikaner” en 30 minute later wanneer ek nogsteeds jou ore aanval met my woorde sal jy ook verstaan dat ek ‘n probleem het met labels. So wat is ek? ‘n Creative? A Creator? ‘n Skepper? Daardie laaste een laat baie NG Kerk tannies rondskyf in hul sitplek.

Ek is ‘n skepper. Verseker nie die enigste skepper nie, maar beslis deel van die spesie wat skepping tot ‘n nuwe vlak gevat het. Ons het meer in gemeen met dolfyne as wat ons graag sou wou erken, tog as dit kom by dinge skep het ons vir dolfyne ore aan gesit.Die naam skepper maak ook vir my meer sin. Toe Francis Bacon se kuns begin ontleed word deur kuns kritici, het baie gesê hy maak vir Picasso na. Wanner is dit inspirasie en waneer is die ‘n namaaksel? Die term kunstenaar laat dit voel asof kuns kom van nerens. Skepper laat dit klink asof jy idees skep, meng, herverpak en verander om iets nuut te word.

In my enigeste jaar waar ek betrokke was by tersiêre opvoeding het ‘n lektor eendag in ‘n illustration klas vir my gesê wat ek maak is nie kuns nie. Vir jare was hy die rede hoekom ek niks probeer teken het nie. Hy was die chip op my skouer. 2020 was die kersie op die koek en so begin ek weer teken. Eers op my foon, toe op pappier en skielik op canvas.Ek dink oor wat ek skep. Ek is ook kieskeurig oor van wie af ek skep. Ek geniet die eksperimenteer en die proses. En elke nou en dan skep ek iets waarvan ek baie hou. “Doomsday Sopranos Self I” is ‘n neo-expressionism probeerslag waar en my stryd met my humeur probeer uitbeeld vir myself. Die portret is eintlik drie self-portraits bo-oor mekaar: Die invloede wat my gemaak het, die kalm-self, en die humeur wat alles anders so maklik kan oordonder.

Hier het ek baie geskep van Wes Lang, Ralph Steadman en Basquiat, en ek hou van die skepping wat daarvan gekom het. So tevrede soos wat ek is met die skepping, so ontevrede is my vrou met die rooi ink wat nou permanent deel is van ons bank. Dit is die prys wat ons betaal vir ‘n skepper-spesie wees.

Welkom by my daaglikse woordebraak oefening. Ek deel dit nie gewoonlik met ander mense nie.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *