Deprecated: trim(): Passing null to parameter #1 ($string) of type string is deprecated in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/wordpress-seo/src/presenters/open-graph/image-presenter.php on line 102

Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Dirk van Der Westhuizen soek ‘n boyfriend wat bly by sy mamma

Jare gelede het ek ‘n comedic-review geskryf van Dirk van der Westhuizen se song “Supercool”. Die song se titel het my altyd gevang as moerse ironies, want “Supercool” was alles behalwe cool. Nie te min, kry die video in 48 uur na ek die my tong-in-kies stukkie publiseer miljoene views, en skielik weet almal wat Die Beeld en Huisgenoot lees wie Dirk van der Westhuizen is, oor gevaaalik.com.

Skielik is Dirk van der Westhuizen famous

Dit was alles fun en games, tot Dirk van der Westhuizen begin paai het oor die comments. Die Beeld en Rolling Stone SA skryf oor die cringe wat “Supercool” is, en ek is die een wat onder die bus gegooi word vir veroorsaak dat dit viral gaan. Dit was nie lank nie toe word die comments op die “Supercool” video afgesit. Dirk vat die KOMMINtaar op die video persoonlik op. Nie lank na dit nie word die video verwyder van YouTube.

Soos die soutie gesegde gaan: “If you can’t handle the heat, get out of the kitchen.”

Dirk van der Westhuizen is nie die enigste een wat toe haat kry nie. My inbox op Facebook blaas op. My email inbox loop oor, die tweets vlieg in my rigting en skielik wil elke tannie met ‘n Facebook account vir my vertel hoe fucked-up ek is. ‘n Paar dae later hoor ek maer-Dirk (hy was ‘n riet gewees in vergelyking met die gestopde salamie worsie lyf wat hy nou het) kanseleer sy shows vir maande vooruit.

You be you Dirk van der Westhuizen

Dirk het ‘n fout gemaak om sy shows te kanseleer. As iemand wat al kaartjies uitverkoop het vir ‘n aand van Afrikaanse stand-up comedy, kan ek jou sê dat net mense wat van jou hou koop kaartjies na jou shows toe.

“Wil jy my vertel al die lekker firs outjies met PT-broekies wat lelike comments los op my low-budget music videos gaan nie eers na my shows toe kom om my te vertel ek is kak nie?” hoor ek vir Dirk van der Westhuizen wonder.

In daardie dae toe Dirk sy shows gekanseleer het was hy nog nie die Afrikaanse meme wat hy vandag is nie. Deesdae is Dirkie soos Marmite in SA: Almal weet van hom, meeste like hom fokol, en tannies op Facebook love hom. Daai tannies is die tannies wat kaartjies na sy shows sal koop. Ek sê dit, al dink ek meeste van Dirk se shows het geen cover fee nie. Jy moet net opdaag by die Montana vlooimark op ‘n Dinsdagoggend en dan is daar ‘n goei kans dat jy Dirk op die verhoog sal vang.

Dirk van der Westhuizen en kie like my nie

Dit is ok, ek het genoeg vriende. Jy kan ook maar die mense wat my ken vra en hulle sal jou sê dat alhoewel ek bekend is daarvoor om mense se bene te trek, is ek eintlik ‘n gawe ou. Geen tema is vir my off limits as dit kom by grappe maak nie, en ek gee nie om of jy ‘n Z-lister Afrikaanse celebrity of Cyril Ramafuckenpoza is nie, ek sal spot met jou as daar ‘n gap is om so te maak.

Dirk van Der Westhuizen 2021

Nou, elke keer as Dirk poep (wat deesdae nogal baie gebeur aangesien dit vir my voorkom sy boude deesdae bietjie meer oopgespan is as wat dit was jare terug) dan ontplof my WhatsApp, my DMs, my email inbox ens. Almal stuur vir my dat Dirk ‘n nuwe video uit het saam die Pep store weergawe van Yolandi Vi$$Er (dit is nou daardie ou vrou wat haarself Flooze noem). Almal moet my laat weet dat Dirk ‘n parfuum op die mark het. Almal moet my laat weet dat Dirk begin het om iets te dra wat hy ‘n Goochie-rokkie noem. Almal moet my laat weet Dirk van der Westhuizen het ‘n boodskap vir my.

As jy ‘n toffie maak van jouself gaan jy gelek word

Die grootste probleem met “Supercool” was nie die lae produksiekwaliteit nie. Dit was nie die back-up dancers wat gelyk het asof hulle almal dronk opgedaag het by die werk daai dag nie. Hel, dit was nie eers Dirk van der Westhuizen se skril en temerige stemmetjie wat gemaak het dat niemand van “Supercool” gehou het nie. Die blatante onoorspronklikheid was die probleem. “Supercool” was ‘n straight rip-off van “Gangnam Style” en ‘n baie kak rip-off op die ou einde. Ek vermoed ook dat dit is hoekom die song verdwyn het van YouTube af, omdat Psy se record label miskien issue gehad het met Dirk en sy label wat die musiek gebruik sonder toestemming of om royalties te betaal.

Maar Dirk stop nie daar nie. Die onoorspronklikheid gaan aan deur Dirk se hele loopbaan. Eers was dit “Gooi jou suiker op my” want as jy die Def Lepard song se naam vertaal na Afrikaans sal niemand mos kan sien hoe onoorspronklik jy is nie. In elk geval, daar is nog baie meer gewees tot Dirkie nou die dag vir die eerste keer iets oorspronklik gedoen het deur ‘n song te maak vir sy “boelies”.

In teorie, great. In praktyk, miskien nie die beste idee om mense uit te lok om jou te spot nie.

Your wish is my command Dirk

Dirk, ek weet jy lees die. Dit is niks persoonlik nie ou bul, en die werklikheid is dat ek graag vir jou ‘n bier sal koop. Ek het al my fair share van hate gekry vir wat ek doen oor die laaste 11 jaar. Ek het al vriende en geld verloor oor ek glo in my kuns, en my kuns is om mense te laat lag. Nie almal te laat lag nie, maar ‘n klein gehoor van mense wat dink ek is snaaks. Dit wat ek doen is vir hulle, en net hulle. Ek het jare terug al opgehou om comments te lees, ek stel voor jy doen dieselfde. Hou op worry oor wat die mense wat jou nie ondersteun nie van jou dink. You do you boo.

Maar…

Aangesien ek nog by my mamma bly het ek besluit om jou nuwe video te ontleed. Dit is immers iets wat my fans nou al voor vra vir jare: “Ag vertel ons nog bietjie Dirk-grappies Stix.”

Produksie

Wie die fok produce Afrikaanse-pop? Hoekom begin elke een van hulle songs met daardie selfde beat-timing. Gebruik die producers van Afrikaanse-pop almal dieselfde keyboard wat net een beat-loop het? Ek verstaan dat Afrikaans-pop nie meer die kommin-cash-cow is wat hy op ‘n slag was nie, maar herre boys gaan doen bietjie ‘n music production class op Skillshare of Masterclass. Dit is 2021, en daar is hoërskool kinders wat beter musiek produce uit hulle slaapkamers, met hul fone, as wat julle doen. Die eerste 15 sekondes van die song doen ‘n great job om vir jou te wys presies wat jy kan verwag vir die hele song: Musiek wat voel asof ‘n kind wat 9 is dit geskryf en gemaak het.

Video tema

Dirk probeer die spot dryf met mense wat sê sy musiek is kak. In die video is daar ‘n spul baie swak betaalde akteurs wat probeer uitbeeld dat Dirk se haters “mammas boys” is. As ons kyk na wat ons weet oor Dirk en sy mamma (gaan lees maar die Huisgenoot interviews) dan is die feit dat hy wil impliseer dat ander mense “mamma’s boys” is ongelooflik ironies.

Ook, ek weet nie of dit Dirk se intensie wat om hierdie video so ongelooflik homoeroties te maak nie, maar vandat Dirk die eerste keer op die skerm verskyf se sy lyftaal 100% dat hy die ou oor wie hy sing wil saag. Op ‘n stadium word daar melk gegooi oor Dirk en dit is baie suggestief. If anything is die tema van hierdie video oor die verbode liefde tussen twee Afrikaans-dudes wat dit probeer wegsteek vir hulle erg konserwatiewe gehoor dat hulle gay is.

Dansery

Ek moet sê dat ek nog nooit ‘n ou sonder ‘n hemp gesien het en dadelik gedink: “Hy lyk vet en fris op dieselfde tyd nie.”

Jy weet daai scene in Fight Club waar Brad Pitt sonder ‘n hemp staan, sweterig, elke man wil hy wees en elke vrou wil hom klim soos ‘n boom? Ja, Dirk van der Westhuizen lyk glad nie soos dit nie. Hy het ‘n oranje skynsel, so hy lyk meer soos die Oros-mannetjie wat begin ysters pomp het, en roids begin spuit het in sy boud in. Toe na so 2 cycles van die roids toe besef hy dat hy dit nie kan bekostig om aan te hou gym nie. Nou is hy vet-fris.

Die dames waaroor Dirk so brag lyk of hulle van Danville Dans Akademie af kom en ek het al beter choreography gesien by my kind se kleuterskool konsert.

Overall

3/10. Pretty par for the course stuff hier vir ‘n Dirk van der Westhuizen video. Onoorspronklike beat, onoorspronklike lirieke en ‘n desperate cry for attention vanaf iemand wat heeltemal te veel omgee oor wat “boelies” van hom dink. Moet nie kommer nie Dirk, ek het ‘n persoonlike video vir jou gemaak om jou beter te laat voel. Los maar die trol werk vir professiotrolls soos ek. Traak jy jou by onoorspronklike musiek en die Karens wat jou fans is, ‘n spul sexually frustrated tannies in hulle laat 50s.

As jy jouself haat op hierdie Vrydag, hier is Dirkie se video as jy jouself wil dood lag en cringe in die naweek in. Net ‘n plesier vir die views Dirk. En voor jy nou weer huil oor boelies en daai stront, in jou eie woorde: “…but sometimes you have to be cruel to be kind sodat mense kan wakker skrik en besef wat hulle doen.

Edit: In klassieke Dirk-styl het Dirk sy video gaan remove van YouTube af, nes hy al daardie jare terug gemaak het. Kyk na dit hoe jy wil, van waar ek staan is dit erkenning dat sy musiek kak is.

https://www.youtube.com/watch?v=aGtcR5eZ294

You may also like...

9 Responses

  1. Dienkie says:

    Ek hoor vandag iets wat ek nou wragtig nie verwag het nie…nou wil ek graag net weet is dit regtig waar of is dit nou maar net weer storie is wat versprei word vir publisiteit….. Dirk van der Westhuizen is gay?is dit waar aldan nie?

  2. Lianè says:

    Dirk dis jou twee grootste fans Lianè en Zarinda ons is mall oor jou en jou musiek Soos suiker, Zarinda het n crush op jou jy is awesome

  3. Stix Gevaaalik says:

    @Lianè: Ek is jammer jou ma het jou op jou kop laat val as kind. Sterkte.

  4. Caitlin says:

    Hulle is awesome ek kry n hot flash net om jou TikTok te kyk

  5. Stix Gevaaalik says:

    @Caitlin: So wat jy sê is jy is ‘n lesbian?

  6. Chris says:

    Ons moet maar versigtig met wat ons doen en wat ons se in die lewe.

  7. Marlien says:

    @stix Gevaaalik
    Is dit nodig om so mean te wees met die mense?

  8. Stix Gevaaalik says:

    @Marlein: Mmmm… Was dit nodig vir Dirk om hierdie video te gemaak het waar hy insinueer dat almal wat kritiek lewer op sy musiek is losers wat bly by hul ma? Was dit toe nodig om die video weer van die internet af te verwyder toe die meerderheid van mense gesê dit is ‘n pot kak? Is dit nodig dat ek elke keer as Dirk hoes, poep of skinder ‘n hele plaag van emails, Tweets en DMs kry net omdat ek die ou was wat gespot het met Dirk se eerste video en hom so te sê ‘mn loopbaan gegee het as ‘n Afrikaanse popster?

    Niks van hierdie goed is regtig nodig nie, behalwe dat Dirk die een is wat die oorsprong is van al die snert. Dirk doen sy ding, en ek doen myne. Hy laat mense se ore bloei, en ek spot met hom en mense wat luister na sy musiek. Don’t hate the player, hate the game.

  9. Neil says:

    Fok snaaks! Dankie Stix dat jy opstaan teen kak afgewaterde tos wat “artists” soos Dirk verkoop as musiek. Ekt al C grade Bollywood musiek videos gesien wat beter produksie kwaliteit en talent het. Ongelukkig het hierdie tipe musiek nog ‘n following, maar ek kan jou nou guarantee hulle almal het nog nooit van MENSA gehoor nie of weet wat die afkorting “IK” voor staan. Afrikaans is ‘n pragtige & lewendige taal, en iemand wat hierdie kak musiek kultuur ondersteun kan nie hulself as ‘n trotse Afrikaner noem nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *