Warcraft Fliek Trailer
Daar word al vir jare gepraat oor die fliek en daar was ‘n hele spul rumors wat rond gevlieg het oor die internet oor Warcraft. Nou is die official trailer uit en ek moet sê, ek wil dit kyk. Ja, ek is very much a Warcraft geek: Ek het ‘n Level 80 World of Warcraft rogue, ek het Warcraft II en Warcraft III gelove en die lore van Warcraft is nogaltyd vir my cool gewees.
Die fliek speel af wanneer Humans en Orcs die eerste keer met mekaar te doen kry. Travis Fimmel, Ragnar in Vikings, speel ook in Warcraft. Die fliek lyk asof dit baie CGI heavy gaan wees. Ek is gewoonlik bietjie gekant teen die gebruik van te veel CGI, maar oor Warcraft afkomstig is van ‘n game is ek somehow ok met die baie CGI. Die fliek word release op 10 Julie 2016.
Wat dink jy? Gaan jy Warcraft kyk? Ek gaan verseker. Laat weet wat jy dink in die comments.
Jissie, ek kan nie wag nie, lyk awesome. Thanks