Deprecated: trim(): Passing null to parameter #1 ($string) of type string is deprecated in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/wordpress-seo/src/presenters/open-graph/image-presenter.php on line 102

Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Assassin’s Creed Movie Trailer

Ek onthou die dag toe ek die eerste Assassin’s Creed game gekry het. Ek het vir 12 ure aaneen agter my rekenaar gesit en was 100% ingesuig gewees. Dit is ‘n awesome game gewees. My broer het vir my Assassin’s Creed II gegee op Xbox 360 vir die die volgende Desember. Dit was ook ‘n lekker game. Maar die Assassin’s Creed games wat gevolg het na die tweede een was ‘n teleurstelling. My broer vertel my dat Assassin’s Creed Black Flag (ook bekend as Assassin’s Creed Pirates of the Caribbean) weer ‘n beter poging was.

Wat doen jy as jou game nie meer so baie geld maak soos wat jy gehoop het dit sal nie? Jy verkoop die regte aan ‘n movie studio.

Assassin's Creed Movie Poster

Nou kry ons die eerste trailer vir Assasin’s Creed die fliek. Michael Fassbender en Marion Cotillard gaan terug na die tyd van die Spanish Inquisition om Parkour te doen en mense te assasinate. Ek weet nie hoe voel ek oor die een nie. Ek is baie meer opgewonder oor Warcraft as wat ek is oor die Assassin’s Creed fliek. Either way, Assassin’s Creed die fliek begin 21 Desember 2016 in cinemas. Kry jouself maar reg vir sequels tot dit by jou ore uit loop.

Wat dink jy van die Assassin’s Creed fliek? Loer na die trailer hier onder en laat weet wat jy dink in die comments.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *