Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

As jy Titanic haat is daar darem ook dié parodie

Ja, ja, ja. James Cameron het inderdaad die fokken Titanic uit die dieptes van die see gaan pluk om nog meer geld te maak uit ‘n sinkende skip, die uiters herhalende Céline Dion-liedjie en fokken Leonardo DiCaprio – alles hierdie keer in 3D.

Gelukkig is daar ook ‘n briljante trailer-parodie met ‘n hele paar fokken snaakse oomblikke vir dié mense wat al geïrriteerd geraak het met George Lucas (Star Wars, Indiana Jones) en Michael Bay (Transformers, Transformers 2: Sucking Robot Balls, Transformers 3: Sucking Explosive Robot Balls, en nog ‘n paar kak flieks). Mense is onder meer afgepis met Lucas omdat hy heeltyd veranderinge aanbring aan Star Wars, en hulle is gatvol vir Bay omdat hy blykbaar net flieks maak vir doofstomme 13-jariges met IK’s onder 83.

Maar geniet eers die sieklike nostalgie in die parodie van Titanic.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *