Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Wa my koene?

Ek dink ek het dalk te veel YouTube videos al gekyk. Daardie ure waar jy net buite beheer in ‘n spiraal-tonnel af tuimel en YouTube video na YouTube video kyk. Ek het nou die dag vir heeltemal te lank gesit en kyk na opeenvolgende videos van Poppy. Ander kere lag ek my gat af, of is ek senuweeagtig vir die YouTuber se part. Die beste deel is dat enige Jan rap en sy maat videos kan maak vir YouTube, en soos met alles in die lewe is party net beter as ander.

Party YouTubers laat dit so effortless lyk om baie cool videos te maak, en party het miljoene subscribers. Ek het nog nooit ‘n video gemaak vir YouTube nie. Vir een of ander rede het ek laasweek besluit om dit ‘n go te gee. Wat toe uitkom aan die ander kant is die video hier onder. Ek het baie dinge geleer, maar die grootste les was hoe baie werk in ‘n goeie YouTube video in gaan.

wa-my-koene

Ek het al die footage self geshoot. Niks professioneel nie. Ek het twee fone gebruik (Redmi Note 3 en Google Nexus 5x) en my GoPro Hero 4 Black, so net op my equipment kon ek al reeds baie beter gedoen het. Ek het ook geleer dat party devices net nie great microphones het nie, en dit sal help om die goed te toets voor jy iets begin maak. Daardie reël is veral belangrik as jy skiet met verskillende devices soos ek het. Ek weet niks van editing nie, maar my vriend Jacques (hy maak ‘n cameo in die video ook) het my bietjie gehelp en my die ropes gewys van Adobe Premier.

Editing is baie werk. Dit vat lank. Dit het baie gehelp dat ek klaar die “storie” in gedagte gehad het voor ek dit begin shoot het, en dit het baie gehelp om iemand soos Jacques te hê wat kan help met editing. Tog is daar nogsteeds ‘n hele paar ure se editing in die video in wat nie eers vyf minute lank is nie. Ek het ‘n nuwe tipe respek nou vir ouens soos Ray William Johnson, Casey Neistat en Zero Punctuation. Daar is YouTubers wat verdien word om sakke vol geld betaal te word vir wat hulle doen. Die manier hoe ons entertainment gebruik het drasties verander, en ek is 100 oortuig daarvan dat 99.99% van julle wat hierdie lees al ‘n video of videos gekyk het op YouTube.

Miskien het jy ook al een van daardie R5000 rekeninge gekry oor jy aanhou om die related video knoppie te druk? Ek meen, daar is versker nie ‘n te kort aan goed om te kyk op YouTube nie, en daar is nog meer stories as dit om te vertel. Voor my kind vir my lag omdat ek steeds YouTube gebruik, wou ek ook ‘n video maak vir YouTube en nou is daardie item op die “to do list” doodgekrap.

Van wat ek gelees het oor YouTube videos maak het ek ook geleer ek moet julle vra om te subscribe na my channel. Hoekom? Ek is nie heeltemal seker nie.

You may also like...

7 Responses

  1. Niel Van Zyl says:

    Dis alles goed en wel om te probeer YouTube videos maak, maar hoekom is jy nie bietjie meer oorspronklik nie? Dit wil voorkom of jy op Casey Neistat afgekom het en besluit het om sy formaat 100% te copy, net baie swakker.

  2. Ruan Stix Fourie says:

    @Niel: Ja, dit is baie soos ‘n afgewaterde Casey Neistat. Dit is my eerste video, so ek kan nog nie eers die editing self doen nie. Met die actual shooting is ek ook nie great nie. Ek leer nog. Soos ek aangaan sal ek seker my eie manier van goed doen ontwikkel. Dit gaan meer as een video vat. Dit is onmoontlik om Casey Neistat se style te duplicate. Hey is ‘n filmmaker wat ‘n daily vlog doen soos wat jy verwag om op YouTube te sien, maar afgeneem en edit deur ‘n filmmaker.

    Thanks vir die feedback. As die video enigsins ‘n resemblance dra aan Casey Neistat wys dit darem dat ek leer. Dankie dat jy dit gekyk het.

  3. Thysmetys says:

    Dude ek gaan nie lieg nie, vir n eerste video is dit great en het dit geniet, music is cool en goeie editing…well done.
    Sien uit na meer video’s.

    @Niel, jy is n piel kop, probeer jy, dus nie maklik nie.Casey het baie geld en n hele crew wat hom help moet massive sponsorship’s…so piece out.

  4. Ruan Stix Fourie says:

    @Thysmetys: Thanks dude! Altyd lekker om te hoor as iemand dit geniet. Ek werk al reeds aan die volgende video. In die een gaan ek kuier vir ‘n vriend by sy bier brouwery en ek gaan na ‘n Xiaomi event toe. Kyk uit vir hom deur die loop van volgende week.

  5. Snormossel says:

    Bra, kak cool video, eerste vlog wat ek in afrikaans kyk, ekt al redelik youtube ouens se vlogs gekyk mar dis als amerikaner goed (wat nie noodwendig te kak is nie) mar dis kwaai om ene bietjie close to home te he!!

    Lekker,, ek hoop ek kan elke week in tune

    Side note,, eks glad nie n fan van die musiek keuse nie en steeds wasit doos cool, somehow pasit in by die video

  6. Ruan Stix Fourie says:

    @Snormossel: Baie dankie dude! Bly jy het dit geniet. Onthou om te share en te subscribe. Hoe meer mense die shit kyk, hoe groter is die kanse dat ek nog gaan doen.

    Ek moet erken, dit tune is ook nie my keuse van styl musiek om na te luister nie, maar vir een of ander rede het die tune en die idee vir die video in my kop baie mooi saam gewerk. Dus het ek dit toe maar gebruik en ek is bly dit het want dit werk goed saam.

  1. December 8, 2016

    […] Right, hier is my attempt tot YouTube video nommer 2! As jy nog nie video nommer 1 gesien het nie, loer hier. […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *