Vrydag Bederf met veranderinge

Baie mense hou nie van verandering nie. Ek self is ook nie altyd ‘n groot fan van verandering nie. Ek sal dus verstaan as jy nou ongemaklik voel hier op gevaaalik.com, want iets is anders. Ek (en julle wat nog op die site is) doen tans ‘n klein toetsie op gevaaalik.com. Die slegte nuus is dat al gaan hierdie goed gaan dit nooit vir my (of ons) ryk maak nie. Vir die om so $80 per dag in te bring kort ek een miljoen besoekers ‘n dag en tans sit gevaaalik.com met omtrent so 1500 besoekers ‘n dag.

In elk geval, ek praat hier uit baie min ondervinding en daarom die noodsaaklikheid vir die klein toetsie oor die naweek. Met julle terugvoer, en dit wat ek sien aan my kant van die skerm, sal ek kan besluit wat gebeur na Maandag en die toets verby is.

As jy nou nog op gevaaalik.com is, dankie dat jy die site ondersteun deur net aan te hou kyk na die Vrydag Bederf en alles anders op die site, asof niks verander het nie.

Geniet die week se Vrydag Bederf.

Kry vir jouself ‘n media player soos die MyGica 4k Android 6 een hier bo, en verlos jouself van die beperkings van normale TV. Kyk TV deur die internet! Dit en meer in die ‘8 Goed wat net moet shut-up en my geld vat‘ post.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *