Deprecated: trim(): Passing null to parameter #1 ($string) of type string is deprecated in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/wordpress-seo/src/presenters/open-graph/image-presenter.php on line 102

Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Vrydag Bederf

Gewoonlik is dit Stix wat jou Vrydag vir jou makliker maak met die Vrydag Bederf, maar aangesien die bra fokken gelukkig genoeg is om al by Oppikoppi 2011 te wees, neem ek vandag waar met die Vrydag Bederf. Om te voorkom dat hierdie Vrydag Bederf afsteek teen die voriges, het ek en Stix darem saam besluit oor die Gevaaalike Dames wat jou skerm vandag sal verryk.

So gepraat van Koppi: Stix en Robbies gaan hulle bes probeer om net-net nie heeltemal te dronk te wees terwyl hulle daar is nie. Hulle gaan nie loop en fokken Oros drink nie, maar hulle gaan darem probeer om vir julle ‘n paar foto’s te neem. Afhangend dus van hulle nugterheidsvlakke sal gevaaalik.com hierdie naweek vir jou ‘n foto-blog van Oppikoppi 2011 Unknown Brother bring. As jy dus een van die ongelukkige fokkers is wat nie Koppi toe kan gaan nie, sal jy ten minste deur Stix en Robbies se lense ‘n idee kry van wat daar aangaan. (Jy kan ook op twitter ‘n ding of twee uitvind.)

Voordat ek julle egter verder afpis, hier is die Vrydag Bederf. Mag jou naweek fokken kook, en of jy by Koppi is of nie, smelt daardie teels soos Batman!

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *