Deprecated: trim(): Passing null to parameter #1 ($string) of type string is deprecated in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/wordpress-seo/src/presenters/open-graph/image-presenter.php on line 102

Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Van ons bloei vir die Proteas, ander loop met tamatiesous op hul voorkoppe

Net so paar minute terug het die hele Suid-Africa ‘n collective “Ag doos!” laat gly oor hul lippe toe Grant Elliot van die Black Caps ‘n bal van Dale Steyn gemoker het vir ‘n ses om die Proteas uit die 2015 Krieket-wêreldbeker te skop. Dit was seer vir elke een van ons. Selfs ek wat vandag vir die eerste keer gesit het en meer as twee overs gekyk het dit gevoel.

Ja, ek is nie groot op krieket nie en ek gaan verseker nie belangstelling fake net om voor te kom dat ek omgee nie. Maar tog wou ek hê die Proteas moet wen, ek is immers ‘n Suid-Afrikaner. Ek verstaan ook heeltemal dat my teleurstelling nie dieselfde is as iemand wat elke Protea-bal gevolg het in die jaar se wêreldbeker nie. Ek verstaan ook dat baie hul teleurstelling fake en dit gross my meer uit as einge iets anders van sports events soos wêreldbekers.

Krieket Kennis Captain Obvious

“Van nou af gaan dit alles gaan oor wie kan die vinnigste paaltjies vat in die wêreldbeker.” Hoor ek Saterdag iemand sê. Ek kyk miskien nie baie krieket nie, maar ek weet hoe die game werk en volgens my is om vining paaltjies te vat, veral vinniger as jou kompetisie, nog altyd die doel van die spel.

“Wag. Is dit nie wat die goal is in elke krieket game nie? Om die span vinniger uit te haal as wat jy uitgehaal is, of vinniger die kompetisie uit te haal sodat jy minder lopies hoef te maak om te wen nie? Sien jy hoe jy net goed sê om deel te wees by die gesprek? Sien jy hoe geen ander van die “krieketkenners” of “krieket-fans” onder julle agtergekom het dat jou stelling net ‘n definisie is van wat die doel van krieket is nie?”

Die kyke wat ek gekry het na daardie stelling was nie die kyk van ‘n spul vriendelike ouens nie. Dit was meer asof ek hulle in die gesig gevat het omdat ek uitgewys het dat meeste van hulle net goed herhaal wat hulle by iemand anders gehoor het, most likely ‘n quote van ‘n intellektuele reus soos Pommie Mbangwa. Ja, ek is 100% sarkasties met my stelling oor Pommie. Fokken Pommie.

“Fok ou, wat ek gesê het is steeds waar.” Is die vlymskerp weerlegging (weereens, sarkasme) wat ek kry van die slimmie wat die oorspronklike stelling gemaak het.

“Ja, dit is 100% waar dat spanne oor die algemeen wil wen ook. Ek hoef dit nie te sê om te weet dat dit waar is nie.” My pa het altyd gesê dit help nie om met dom mense te stry nie want jy gaan nooit wen nie.

Nou die dag is ek in die canteen by die kantoor. Die TVs in die canteen wys tans die wêreldbeker-krieket, want dit is nice om die score te sien, en so over of wat te kan check tussen die werk deur. Daar was ook ‘n tafel met vier jong dames wat gesit en ontbyt eet het. ‘n Knaap kon homself nie help nie en hy het gevoel dat hy sy passie vir sport moet oordra aan die jong dames. ‘n Triade van verhale oor hoe opgewonde hy raak vir die span wat hy ondersteun, en hoe kwaad hy raak as dinge nie in sy span se guns afspeel nie.

Hy was nog besig om die dames te verveel met sy verhale van vloek en skree op ‘n TV toe daar ‘n paaltjie val op die TV. Dit was ‘n paaltjie van Sri-Lanka toe hulle teen die Proteas gespeel het. Hy het onmiddelik kens geraak van die opgewondenheid. Mure geslaan, geskree en op en af gespring asof hy sopas die lotto gewen het. Ek het my vrek gelag toe hy besef dat dit net ‘n replay is wat hulle gewys het van een van die vorige Sri-Lanka paaltjies wat geval het. Kan jy sê: “Naam met ‘n plank gemoer.”

Dit was ongelooflik snaaks vir twee redes: 1) Die ou wat kens geraak het van opgewondeheid het gelyk soos ‘n tool voor die vier jong dames wat hy probeer beindruk het. 2) Almal wat dit gesien het, het dadelik geweet hy is een van daardie fake supporters wat soveel passie het vir sport net oor hy probeer inpas. Moet nie een van daardie fakers wees nie. As jy maak of jy belangstel in enige ding net om in te pas, dan maak jy of jy belangstel vir die verkeerde redes.

Ek voel vir die Proteas. Fok weet hulle het hard gewerk om te kom waar hulle is, tog gaan ek nie kwaad word nie. Ek gaan ook nie begin dink aan verskonings vir hoekom ons verloor het nie. Ek gaan ook nie skree “Chokers!” nie. Ek gaan veral nie enige van die bogenoemde reaksies fake net sodat mense dink ek is cool en stel belang in krieket nie. Moet nie een van daardie ouens wees nie, want eventually gaan jy jou naam ook net met ‘n plank moer. Los dit eerder vir die sokker-wêreldbeker waaroor niemand regtig omgee nie.

You may also like...

3 Responses

  1. Jp says:

    Goeie stukkie lees die daar is baie fake mense wat nie elke keer as die Proteas 3uur of 5 uur speel waker was van ball een af nie en hulle het die meeste om te se die mense wat die “C” word gedrop het en gese het die Proteas if poes kak het glad nie die game gekyk nie en ook sekker net die laste 12 balle. Dit was n doos goeie game van ball een af.

  1. March 25, 2015

    […] in die intro oor Affies terwyl ek julle vertel dat ek en Scuba Steve gepraat het oor die krieket, fake-ondersteuners, boks, MMA, squash en Tiger Woods. Dit was 'n baie sport gedrewe podcast en toe sluit ons dit af […]

  2. December 27, 2015

    […] Die Proteas en die Springbokke het albei in 2015 gesit en kyk hoe ander lander die beker lig. Oor die krieket word daar “slim” goed deur dom mense gesê: “Van nou af gaan dit alles gaan oor wie kan die vinnigste paaltjies vat in die wêreldbeker.” […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *