Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Eskom: My opinie

Kom ek pis jou gou af. Ahem. LOAD SHEDDING! Nuff said.

Eskom-powerlines

load-shedding

Die vloekwoord.

As mens dink aan relevante onderwerpe in ons land, is Eskom verseker tans in die top 5. Laas Vrydag is ek by ‘n troue. Die seremonie van 45 minute is 3 keer onderbreek deur load shedding. Ek is oortuig dat die paartjie vir die res van hulle lewe load shedding gaan onthou. Vir ‘n R 100,000.00 + troue verwag mens seker ‘n kragopwekker as standaard (given die situasie waarin ons land is) maar nou ja. Name sal nie genoem word nie.

Om my opinie oor Eskom en die land se situasie te lug gaan my verseker in die moeilikheid laat beland, so ek het besluit dat navorsing ‘n beter geweer as probeer is. So here goes:

In ‘n Pdf dokument wat te vinde is op Eskom se webtuiste verduidelik hulle dat load shedding die volgende is:  “Dit is ‘n laaste uitweg om die ineenstorting van die kragstelsel in Suid-Afrika te voorkom. Wanneer daar ‘n wanbalans tussen die vraag en aanbod na krag is, kan hierdie wanbalans ‘n nasie-wye “blackout” tot gevolg hê. So ‘n gebeurtenis sal katastrofiese gevolge hê, en dit kan dae neem om dit reg te stel.” Dan raak hulle nog ‘n paar eenderse uitlatings kwyt.

Fry Meme

Dit is belangrik om na die huise rondom jou te kyk voor jy begin vingers wys.

Hulle kan basies net die volgende sê: “Ons het X hoeveelheid krag by ons stasies. Suid-Afrika wil Y hoeveelheid gebruik. X is tans heelwat minder as wat Y is. Do the math.” Mens hoef nie ‘n aktuaris te wees om uit te figure dat dit ‘n groot fokkop sal versoorsaak as daar geen elektrisiteit is vir ‘n paar dae nie. Ons is vir meeste belangrike dinge afhanklik van elektrisiteit. Sonder elektrisiteit sal baie vulstasies wat nie kragopwekkers het nie geen brandstof kan pomp nie. Behalwe vir die feit dat baie mense dan by die huis gaan sit, sal hul kragopwekkers ook nie werk nie.

power-outage-blackout

Optimistiese paartjie wat sonder krag sit. Geen idee wie hulle is nie.

Nou, hoekom is daar load shedding? Volgens die Eskom Pdf: “In die laaste dekade was daar ‘n stelselmatige en konstante toename in die vraag na elektrisiteit in Suid-Afrika as gevolg van ekonomiese groei. Hierdie toename in vraag het tot gevolg gehad dat Eskom se surplus elektrisiteitsreserwes uitgeput geraak het.” Ek kan onthou dat daar ‘n expert dude op ‘n onlangse Carte Blanche episode geraadpleeg is hieroor.  Hy reken dat Eskom al meer as ‘n dekade terug gewaarsku is dat dit gaan gebeur, en dat hulle niks daaraan gedoen het nie. Ek het ook al gehoor dat daar (OBVIOUSLY) gereeld baie belangrike onderhoud op hierdie reusagtige kragstasies gedoen moet word, maar dat daar nie hiervoor voorsien is deur die nuwe big shots van Eskom nie. In my opinie dink ek die scenario was as volg: ‘n Onbevoegde persoon word aangestel in ‘n sleutelposisie. Hy moet verskriklike belangrike besluite neem, maar hy is nie kundig genoeg om hiervoor te voorsien nie.  Hy word gewaarsku daaroor deur mense wat weet waarvan hulle praat, en dit gaan by die een oor in en by die ander uit. Want hy is te besig om te dink aan sy kief boot en huis wat hy met sy lekker bonus gekoop het.

Tshediso+Matona+Eskom

Die huidige CEO van Eskom, Tshediso Matona. Hy verdien tans oor die R22 miljoen ‘n jaar, terwyl sy maatskappy kla hulle het nie geld nie. Doos.

Kan mens hierdie onbevoegde siele aanspreeklik hou? Wees realisties. As iemand jou in ‘n posisie aanstel waar jy 20 keer jou salaris kry sonder nagevolge (want daar is nie veel vir die grootkoppe in ons land nie. Net ‘n “The matter is pending due to further investigation” of iets soortgelyk) sal 99% van mense instem. Imagine jy kom vir ‘n jaar weg daarmee en word afgedank – dan het jy 20 jaar se normale salaris verdien. Dit is nou luuks.

Hierdie post is sover baie depressing. Ek het aan ‘n paar moontlike oplossings asook ‘n paar voordele van ons krisis gedink. Noem my sommer Scuba Silver Lining.  Twee vanselfsprekende en relevante oplossings is natuurlik sonpanele en wind turbines. Ek dink die kanse is goed dat een of ander super ryk persoon binne die eerste helfte van 2015 half tot ons redding gaan kom met een van die twee as oplossing. Die wind in die Kaap en Oos-Kaap waai seker 95% van die tyd, so die wind turbines kan daar werk. Daar is ook plekke soos die Kalahari waar daar fokken morge se oop spasie is waar sonpanele gaan werk.

Wind Turbines

Wind Turbines

Sonpanele

Sonpanele

Ek weet daar gaan baie logistieke issues wees met hierdie twee “oplossings”. Ek dink die geld wat weggemoer is op Nkandla behoort ‘n groot hap uit daardie probleme te vat. Daar is boonop heelwat miljardêrs wat kan help man. Hulle gaan mos hierdie krag verkoop, nie weggee nie. Douw Steyn reken mos hy wil teruggee aan die land.

Voordele? Ek het hierdie naweek saam met die familie gesit en so ‘n paar keer load shedding gehad. Dit het my weereens laat besef hoe fucked die Westerse populasie is. iPads, iPhones, Facebook, Twitter en televisie is die grootste varke in die verhaal. Die van julle wat bevoorreg genoeg was om in die 80’s en 90’s groot te word, sal my hopelik hier ondersteun. As jy weer in enige publieke plek is, let bietjie op na die mense. Mense sit aan tafel saam, dan sit ELKE LIEWE PERSOON meeste van die tyd op sy selfoon/iPad en rondfok. Dan as Pappa iets te sê het, en dan geïrriteerd iets soos “Hoor julle my?!” sê, doen almal daai semi-opkyk ding waar die koppie draai na die persoon wie praat maar die ogies bly op die skerm, en sê iets in die lyn van “Ja ja, ek luister, gaan aan.” Dit is al hoe hulle aandag vir ‘n oomblik afgetrek kan word.

cell7n-1-web

Die status quo in die Westerse samelewing. Hoe romanties.

Ek het tydens die load shedding die naweek agtergekom dat dinge soos ‘n lekker game Rummi of ‘n potjie Monopoly nogsteeds moerse lekker kan wees. Wat van iets soos, en ek weet dit klink seker vir die jonger garde baie simpel, ‘n entjie stap? Wat van oefening? Wat van gesels met die mense wie die naaste aan jou is? Verken bietjie die natuur – ons bly seker in die mees diverse natuurlike habitat op aarde.

Monopoly

‘n Familie wat “tyd saam spandeer”. Ek weet dit klink weird, maar probeer dit bietjie. Let op die awesome lepelversameling.

 

Mense is baie meer gepla oor die opinies van onbekende (en partykeer opgemaakte) mense op die Internet as die mense wat hulle lief het. Baie mense het nie meer stokperdjies nie, baie doen nie meer sport nie. Alles is op die blerrie TV of op jou rekenaar/personal device. Probeer bietjie old school dinge soos die bogenoemde, jy sal verbaas wees hoe lekker dit kan wees.

Laat ek maar op daardie noot stop. Ek mag dalk bietjie te optimisties klink, maar miskien (of dalk hopelik) sal die volgende paar jaar se load shedding tog ‘n paar goeie gevolge hê.

 

You may also like...

9 Responses

  1. pisgesig says:

    Goeie artikel – refreshing om ‘n positiewe lig op die saak te lees.
    Ek dink ons moet dalk die Chinese betrek – hulle maak uit van lectricity. Ek hoor een enkele groot stad in China gebruik meer lectricity as wat eksdom kan maak in totaal – en daar is dit geprivatiseer, so daar is kompetisie en baie minder korrupsie. Ons is tog saam met hulle in die BRICS ding.

  2. pp says:

    Hou op moan en wys ons boobs! 😀

  3. Willem says:

    Ek waardeer die feit dat daar verder gedink word as “Foktog, nog load shedding! Rabble rabble rabble!” Jy het die kern van die probleem mooi verduidelik, en ek sê self ook dukwels: “Mense is nie (regtig) pissed off oor load shedding nie, maar omdat Eskom so opgefok het/is dat load shedding nodig is.” Ek glo almal verstaan dat load shedding beter as die alternatief is, maar dit beteken nie ons moet maar buk en die vleispyp met ‘n smile vat nie. Nee, dit is nou wat ons, die betalende publiek, vir ons “ruling class” moet sê: “Julle poese! Kyk watse fokop julle het julle fucked-up-ness veroorsaak!” Nie dat dit enigiets gaan verander nie…

    Rakende jou voorgestelde oplossings: ons doen al klaar die wind- en son-ding – in die plekke waar jy voorgestel het ook nogal! Maar dit is ‘n moerse klein bydrae tot die nasionale stelsel. Ja, ons kan meer daarvan bou, maar dit vat jare en benodig ‘n berg kakhuise vol geld. Dit is die grootste probleem met skoon/renewable kragbronne: dis poes duur. Ja, ons kan vir ons biljoenêrs vra om in te pitch, maar so ver ek weet is dit onwettig om kommersiëel in die kragbedryf te operate. Dus kan die ryk poese ons ook nie help nie. Om dit wettig te maak, sal waarskynlik ook baie langer vat as wat die uitsig vir ons energiekrisis is. Nevermind dat daar dan nog geen kragstasies gebou is nie.

    Hier is my voorstel: Keep calm and fuck the SA goverment. Kyk so bietjie na die lewens van die belastingbetalers en jy sal sien dat ‘n klomp van die dienste wat veronderstel is om deur die regering gebied te word, al klaar uitgekontrakteer is. Sekuriteit is die grootste voorbeeld hiervan. So kom ons doen maar dieselfde met ons kragopwekking: kry maar vir jou ‘n sonpaneeltjie en gooi hom op jou garage. Kry vir jou ‘n gasstofie. Betaal maar jou belasting (omdat jy nie ‘n keuse het nie) om die goewerment van jou rug af te hou, en laat ons die land aan die gang hou TEN SPYTE van die klomp clown dose.

    Die “voordele” wat jy genoem het, is ‘n moerse klein silwer randjie. In prinsiep is jy heeltemaal korrek: dit is kak dat mense nie meer direk interact nie. Maar dit is ‘n weglaatbare klein voordeel in teenstelling met die ineenstorting van SA se moderne samelewing. Jou kerslig Monolopy-aandjies saam met jou familie sal kort voor lank onderbreek word deur jou buurman wat jou kom doodmoer omdat hy jou kos wil hê.

    I exaggerate for effect.

  4. cat says:

    Lekker om bietjie oordentelike geskryfde Afrikaans te sien… hier in die comment section ook…

  5. Scuba Steve says:

    Thanks @pisgesig, altyd ‘n pleasure. @pp – daai is Stix se job, sorry. @cat, thanks. @Willem, ek hoor jou bra. Ek is ook hoogs gefrustreed, maar soos jy ook reken is dit nie die uitweg nie. Boikot dalk die regering, maar waar gaan hulle welverdiende weelde dan vandaankom? Onthou, hulle hou die land se kop bo water met hulle wysheid en insig. Dink net aan hoe die land gevorder het in die laaste 20 jaar, kom ek noem ‘n paar voorbeelde:

    Selfoonopvangs is baie beter.
    Internet is baie vinniger.
    Daar is nou touch screens – waar was hulle 20 jaar terug? Huh?
    Daar is baie meer kinders in skole – al is die standaard van onderrig waaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaay onder standaard.

    Dis about waaraan ek kan dink. Great regering.

    “If the Apartheid government could build an airport for an old President, they can build a house for me!”
    – Jacob Zuma

    Ek stem, want die lughawe in George en Nkandla bring rofweg dieselfde hoeveelheid geld in die Ekonomie in. Mos.

  6. Scuba Steve says:

    O ja @Willem, ek reken die privatisering van die Energie-bedryf is miskien die enigste uitweg. As mens ‘n monopolie aan hierdie klomp narre in die regering gee, is dit net ‘n fokkop.

  1. December 11, 2014

    […] mens hanteer asof jy 'n dom hond is.  Of 'n vriend wie fokkol doen omdat sy ouers baie ryk is.  Eskom.  Misdaad.  Regstellende aksie.  Swak dienslewering.  Nkandla.  Mannetjies wat in rooi […]

  2. December 18, 2014

    […] Dis weird om te dink dat, jy het nou obviously oor die laaste ruk met die Wêreldspektrum en jou Eskom stuff, wat meer as 500 mense al gelees het…  Wanneer laas het jy iets geskryf wat 500 mense gesien […]

  3. October 29, 2015

    […] dit tref my nou net ons het gelukkig lanklaas load-shedding gehad. Vingers gekruis dit hou. Gelukkig is gevaaalik.com nou heeltemal ‘n mobile site ook, […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *