Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

The outlaw road show, gaan kyk dit uit

Moet my nie verkeerd kry nie, ek weet hierdie gaan nie almal se smaak wees nie. Ek wil ook nie hê dit moet wees nie, anders sal ek net nog ’n commercial slet wees wat voor elke korporatiewe duiwel buig.

Hier is iets anders, iets vir die mens wat dalk dieper oor ‘n paar dinge dink. Iemand wat die lewe dalk stadiger vat en dit ook haat om rugby op Loftus te kyk. Hierdie site is deur Counting Crows se frontman en Ryan Spaulding, ‘n doodnormale music blogger, begin. Die idee van die site is dat hulle soveel as moontlik exposure en bemarking aan kleiner bands met goeie gehalte musiek wil gee. Iets wat klein bands nie op hul eie regkry nie. Iets waarmee ons local bands beslis kan doen. Die twee ouens reël ook ‘n moerse show vir die bands, met die idee dat ‘n groot band of twee die crowd trek en die kleiner bands hulself dan bewys voor die groot crowd. Vooraf word die festival reeds bemark en jy kan songs van elke band wat optree download.

As jy van folk/rustige/diep musiek hou kan jy gerus die site gaan uitcheck en ‘n paar songs download as jy wil. Dis verniet, so hou op met stres!

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *