Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Taylor Momsen

Laasweek na ek geboorte aan die idee van die Gevaaalike Dame Band gegee het, het ek ook besef dat die moeilikste deel van die band om te vul gaan die vocalist wees. Want jy kort iemand met ‘n stem wat in ‘n rock band pas. Maar ook om deel te wees van die Gevaaalike Dame Band kort sy die looks. Sy moet sexy wees. Ek sal sover gaan om te sê dat sy “paal inspiring” moet wees.

Ek het baie gedink. Juliet Lewis van Juliet and the Licks is nie sleg as ‘n frontwoman nie. Maar sy is nie heeltemal op die vlak wat ons soek nie. Daar is baie pop poppies wat elke man ‘n fokken paal kan gee, maar hulle pas defnitief nie in ‘n rock band in nie. Gelukkig het ek so paar aande aan die jag na die perfekte frontworman vir die Gevaaalike Dame Band spandeur en haar toe gevind.

Enter Taylor Momsen. Sy is die frontlady van The Pretty Reckless. Sy het net nou die dag 18 geword so hou op bekommer oor die foto’s, sy is wettig, hou tog net op kerm. Eerstens is Taylor ‘n rock meisie. Sy het van kleins af groot geword met rock music en is ‘n groot fan van Soundgarden en Nirvana. Taylor is eintlik ‘n aktriese, maar het in 2009  bekend gemaak dat sy ‘n band het. In 2010 is The Pretty Reckless se eerste album vrygestel. Op die album het Momsen al die lireike geskryf en meeste van die musiek.

Sy pas perfek in die Gevaaalike Dame Band in want sy het ‘n befokte rock musiek stem en sy is baie lekker om na te kyk ook. Die lirieke van haar musiek is ook nie so onnosel en oppervlakkig soos pop poppies se lirieke nie. Soos julle ook in die video kan sien weet sy ook hoe om aandag te trek en dit is altyd ‘n goeie eienskap om te hê as jy ‘n band moet front.

Nou kort ons nog net ‘n rythm guitarist en bassist. Ons wag vir julle voorstelle. Hier kan jy die drommer en die lead guitarist van die Gevaaalike Dame Band sien.

You may also like...

1 Response

  1. July 11, 2011

    […] onthou dalk vir Taylor Momsen. Ek het haar so ruk terug genominate vir die vocalist vir die Gevaaalike Dame band. Ek het vandag […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *