Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

The Culture High Trailer

Vanoggend toe luister en na SA Music Zone se podcast. Een van die stories waaroor hulle praat is dat Lady Gaga ‘n joint gerook het op stage in Amterdam (High five vir Lady Gaga, right?). Ek was baie teleurgesteld oor wat toe gesê is oor die hele storie en cannabis oor die algemeen.

Om eerlik te wees verwag ek daardie tiepe uitsprake oor weed al. Dit is nie die mense se skuld nie en ek val glad nie vir Ilze-Marie persoonlik aan nie. Die feit van die saak is dat mense nog baie van die propaganda oor marijuana glo, dit is hoekom die propaganda geskep is in die eerste plek. Wat nou moet gebeur is dat mense educated moet raak oor dagga. Dit is hoekom documentaries soos The Union great is en mense soos The Dagga Couple mense probeer educate.

As jy pro-dagga is het jy tien teen een The Union gekyk. As jy anti-dagga is urge ek jou om The Union te kyk. Jou dagga education begin daar en die goeie nuus is dat The Union se follow up oppad is en The Culture High se trailer is ook hier.

Kyk die twee trailers. Dit is altyd slim om die feite oor iets uit te vind voor jy jou oortuiging kies. Kyk veral na die hoeveelheid mense wat al dood is van dagga in vergelyking met alcohol en tabak produkte. Wonder of Lady Gaga nogsteeds raas sou gekry het as sy ‘n bier gedrink het op die stage.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *