Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Tappit Techno Treffers: Boogie Pimps – Somebody To Love

Ons almal onthou die wonder dae van techno. Die gevaaalike beats, die glow sticks, die extasy, die pilkoppe, die dans moves en die ongelooflike weird video’s wat saam met die musiek gegaan het. Ek het dus besluit om ‘n nuwe weeklikse artikel hier op gevaaalik.com te doen. Dus het ons hier die eerste Tappit Techno Treffers.

Ja, nie al die musiek wat saam met die video’s gaan is regtig techno nie, maar dit is gewoonlik dans musiek en Tappit Techno Treffers rol so lekker van die tong af. Plus die artikels op gevaaalik.com gaan baie meer gaan oor die belaglikhede van die video’s as die musiek self (al is die musiek ook belaglik in sommige gevalle). Daar is tonne van die kak video’s daar buite, en daar is ook so paar hier en daar wat great is vir die gevaaalike dames in die video’s.

Boogie Pimps - Somebody To Love

Waar is die Skydive skool waar sy lê en wag vir jou? Want my credit card is reg om te swipe

En die eerste Tappit Techno Treffer is… Boogie Pimps se “Somebody To Love”. Waar begin ek? Daar is baba’s wat skydive en onder hulle is daar ‘n gevaaalike dame in sexy lingerie wat op die aarde lê. Maar sy is reusagtig groot. Ek wil 2 dinge weet: 1) Watse drugs het die mense gebruik toe hulle die video se konsep uitgedink het, want ek wil ook van die drugs hê. En 2) Waar sign ek op om ook by die plek te gaan skydive na die gevaaalike dame toe?

Geniet die eerste Tappit Techno Treffer. As jy voorstelle het vir ‘n Tappit Techno Treffer, los dit net in die comments hier onder.

You may also like...

1 Response

  1. Man_Beer says:

    https://www.youtube.com/watch?feature=player_embedded&v=GH_5a00dtDg

    Gaan rustig op die een.. Big D (Ratel) is ‘n baie gerespekteerde individueel in serker sirkels ….interessante jong knaap as ek nou self so moet se:)

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *